Logaritmies gemiddelde temperatuurverskil

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die logaritmies gemiddelde temperatuurverskil (LGTV of ΔTlg) word gebruik om die temperatuur dryfkrag vir warmteruiling in vloeistelsels, soos hitteruilers te kwantifiseer. Die LGTV is 'n logaritmiese gemiddelde van die temperatuurverskil tussen die warm en koue strome aan elke punt van 'n hitteruiler. Hoe groter die LGTV, hoe meer warmte word uitgeruil.

Definisie

Lêer:Hitteruiler.png
'n Tipiese konfigurasie van 'n hitteruiler.

Ons aanvaar dat 'n generiese hitteruiler twee kante het (wat ons hier "A" en "B" sal noem) waar die warm en koue strome invloei of uitvloei; die LGTV word dan gedefinieer deur die logaritmiese gemiddelde as volg:

ΔTlg=ΔTAΔTBln(ΔTAΔTB)=ΔTAΔTBlnΔTAlnΔTB
ΔTg=FtΔTlg

ΔTA en ΔTB is die benaderingstemperatuur aan die twee kante van die hitteruiler.

ΔTA=Tw,uitTk,in
ΔTB=Tw,inTk,uit

Hierdie vergelyking is geldig vir beide parallelle vloei waar die strome van dieselfde kant invloei en vir teenstroom vloei waar die strome van verskillende kante af invloei. 'n Derde tipe vloei is kruisvloei waar een van die strome dieselfde nominale temperatuur het op alle punte van die oordragoppervlak. Die wiskunde is soortgelyk behalwe dat 'n korreksiefaktor F dikwels toegepas moet word in die hitte-oordrag vergelyking.

Daar is tye wanneer die vier temperature wat gebruik word om die LGTV te bepaal nie beskikbaar is nie. Die NTU-metode mag dan gebruik word.

Lêer:Verskil GTV en LGTV.PNG
Verskil tussen GTV en LGTV.

Die volgende benadering kan ook gebruik word:

ΔTgTw,inTw,uit2Tk,uitTk,in2 = ΔTAΔTB2
ΔTg12(Tw,in+Tw,uitTk,inTk,uit)

waar

ΔTg>ΔTlg

Kyk grafiek aan die regterkant.

Afleiding van formule

Hierdie formule word soos volg afgeleiː

Die hittelas van die warm en koue kant kan soos volg geskryf word:

Qw=mwCp,w(Tw1Tw2)
Qk=mkCp,k(Tk2Tk1)


Herskryf die twee vergelykings hierbo:

QwmwCp,w=Tw1Tw2
QkmkCp,k=Tk1Tk2

Indien die twee vergelyking bymekaar gevoeg word, word die volgende gekry:

QwmwCp,w+QkmkCp,k=Tw1Tw2+Tk1Tk2

Siende dat:

Qk=Qw=Q

Dan is:

Q(1mwCp,w+1mkCp,k)=(Tw1Tk2)(Tw2Tk1) - *

Die terms (Tw1Tk2) en (Tw2Tk1) is die twee benaderingstemperature van die hitteruiler. Stel hierdie gelyk aan θ1 en θ2

Indien 'n baie klein gedeelte van die hitteruiler beskou word, sal θ1θ2. Vervang nou:

Q met dQ

en

θ1θ2 met dθ


Verder, indien:

Q=UA(TwTk)

vervang word met:

dQ=U×dA×θ

dan is:

UdAθ(1mwCp,w+1mkCp,k)=dθ
UdA(1mwCp,w+1mkCp,k)=dθθ

Indien gedifferensieer word vir die hele lengte van die hitteruiler:

0AUdA(1mwCp,w+1mkCp,k)=θ1θ2dθθ
UA(1mwCp,w+1mkCp,k)=lnθ2θ1

Indien vergelyking * herskryf word:

Q(1mwCp,w+1mkCp,k)=θ2θ1
(1mwCp,w+1mkCp,k)=θ2θ1Q

Vervang hierdie vergelyking in:

UA(θ2θ1Q)=lnθ2θ1
Q=UAθ2θ1lnθ2/θ1

Dus:

ΔTlg=θ2θ1lnθ2/θ1

Gebruik

Wanneer dit bereken is, word die LGTV gewoonlik gebruik om die warmteoordrag in 'n hitteruiler te bepaal volgens die volgende vergelyking:

Q=U×A×ΔTg

Waar Q die uitgeruilde warmte-energie is (in watt), en U die warmteoordragskoëffisiënt (in watt per kelvin per vierkante meter) en A die oordragoppervlak in vierkante meter is. In warmteoordragskoëffisiënt word beskryf hoe U bepaal word.

Temperatuur korreksiefaktor

Lêer:Hitteruiler 1-gang.png
Enkel mantelgang, enkel buisgang. Ft = 1
Lêer:Hitteruiler 2-gang.png
Een mantelgang, twee buisgange. Om Ft te bepaal, gebruik formule.
Lêer:Hitteruiler 2-gang-3.png
Verdeelde vloei mantel, twee buisgange.
Lêer:Hitteruiler 2-gang-middel.png
Vertakte vloei mantel, twee buisgange.
Lêer:Hitteruiler 4-gang.png
Twee mantelgange, vier buisgange.

Wanneer 'n hitteruiler meer as een buisgang het, ondervind elke buisgang nie teenstroom nie - sommige buise ondervind parallele vloei. In so 'n geval moet ΔTlg gekorrigeer word met 'n korreksiefaktor Ft=1.

Hierdie temperatuurkorreksiefaktor is 'n funksie van die hoeveelheid gange van die hitteruiler, die posisie van die in- en uitlate van die hitteruiler en die in- en uitlaat temperature.

Vir 'n enkel buisganghitteruiler is Ft=1

Vir 'n hitteruiler met een mantelgang en buisgange in veelvoude van twee, kan Ft=1 soos volg bepaal word:

As T1 = mantelkant inlaat, T2 = mantelkant uitlaat, t1 = buiskant inlaat, t2 = buiskant uitlaatː

R=T1T2t2t1
S=t2t1T1t1
Ft=R2+1ln[1S1RS](R1)ln[2S[R+1R2+1]2S[R+1+R2+1]]

Die afleiding van hierdie formule word gegee deur Kern (1950).

Vir ander hitteruilerkonfigurasies moet dit afgelees word van grafieke. Hierdie grafieke is ook 'n funksie van R en S.

Verwysings

  • Coulson and Richardson's Chemical Engineering, volume 6, 4de uitgawe, 2005, hoofstuk 12.6, bladsy 655
  • Kay J M & Nedderman R M (1985) Fluid Mechanics and Transfer Processes, Cambridge University Press

Kyk ook