Lood(II)chloried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Lood(II)chloried is 'n chemiese verbinding van lood (met oksidasietoestand 2+) met chloor. Dit vorm kleurlose kristalle of 'n wit poeier.

Die stof kan gevorm word deur reaksies soos:[1]

2HCl(aq)+PbCO3(s)→PbCl2+H2O+CO2
Pb(s)+2HCl(aq)→PbCl2+H2
PbS(s)+2HCl(aq)→PbCl2+H2S

Eienskappe

Die stof is taamlik swak oplosbaar in water. Eenkristalle van hierdie stof kan met 'n sonesmelttegniek (Stockberger-Bridgman) gesuiwer en vervaardig word en hulle vertoon ioniese geleibaarheid van die anione. Die vorming van 'n defek (leë anioonholte) het 'n aktiveringsenergie van 1,55 eV en die aktivering van migrasie is 0,38 eV. [2]

Lood(II)chloried word as mineraal aangetref: cotunniet, wat 'n struktuur het waarin die taamlik groot Sjabloon:Chem-ioon – wat nog 'n 6s2-elektronpaar besit – 'n negevoudige omringing deur chloor besit.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Lood verbindings Sjabloon:Chloriede Sjabloon:Portaalbalk Sjabloon:Normdata

  1. ↑ Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named "chemref".
  2. ↑ Sjabloon:Webaanhaling