Lood(II)nitraat

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Lood(II)nitraat Sjabloon:Chem is 'n sout van lood en salpetersuur Sjabloon:Chem

Kristalstruktuur

Loodnitraat kristalliseer in kubiese kristalle. Die struktuur is die argetipe van die G2Sjabloon:Subb-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.[1] Die nitrate van barium en stronsium is isotipies.[2] Dit is 'n afgeleide struktuur van die fluoriet-struktuur (Sjabloon:Chem) (C1) met nitraatione op die plek van die fluoried-ione.[3]

Die loodatome vorm 'n vlakgesentreerde kubiese rooster met die nitraatione daartussen, loodreg op die drievoudige asse van die kubiese ruimtegroep PaSjabloon:Bostreep. Lood is in 'n kuboktaëdriese (twaalfvoudige) omringing. Die helfte van die Pb-O-afstande is 274,82(0,02) pm, die res 286,88(0,06) pm. Die nitraatione vorm amper plat driehoeke met 'n N-O afstand van 124,69(0,06) pm en 'n O-N-O hoek van 119,99(0,07) grade. Dis binne die foutemarge van die verwagte 120 grade en die stikstofatoom wyk net 0,10(0,01) pm af van die vlak van die suurstofatome. [2]


Chemiese eienskappe

Loodnitraat kan verkry word deur lood in verdunde salpetersuur op te los:[4]

Pb(s)+4H+(aq)+2NO3−(aq)→Pb2+(aq)+2NO2(g)↑+2H2O

Die sout kan ook verkry word deur die oksied Sjabloon:Chem in verdunde salpetersuur op te los:[5]

PbO+2HNO3(aq)→Pb2+(aq)+H2O+2NO3−(aq)

Loodnitraat kan met oormaat PbO addukhidrate nSjabloon:Chem.Sjabloon:Chem.xSjabloon:Chem met (n=1,x=1), (n=3,x=1) en (n=3,x=3) vorm. [5]

Die sout is taamlik goed in water oplosbaar. Die droë kristallyne stof ontbind by verhitting:

2Pb(NO3)2→>470C2PbO(s)+O2(g)↑+4NO2(g)↑

Die rooi ontbindingsproduk PbO is bevestig in 'n studie van die uitsettingskoëffisiënt van die selkonstant a. Die toename is nie heeltemal lineêr nie en kan van 20 tot 348 °C weergegee word as:[6]

a(t)=7,8590+1,8962.10−4.(t−20)+24,3026.10−8.(t−20)2 (a in Å (=100 pm); die temperatuur t in °C)

Beeldgalery

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Lood verbindings Sjabloon:Nitrate

  1. ↑ Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named "Aflow".
  2. ↑ 2,0 2,1 Sjabloon:Cite journal
  3. ↑ Sjabloon:Cite journal
  4. ↑ Sjabloon:Cite book
  5. ↑ 5,0 5,1 Sjabloon:Cite journal
  6. ↑ Sjabloon:Cite journal