Lucas se reagens

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Lucas se reagens is 'n mengsel van watervrye sinkchloried en gekonsentreerde soutsuur.

Hierdie oplossing vermag die hidroksielgroep (-OH) van 'n alkoholdeur 'n chloried-groep (-Cl) te vervang :

ROH+ZnCl2/HClRCl+ZnCl2+H2O

Die gevormde chloriede (R-Cl) is nie in die mengsel oplosbaar nie en daar sal skeiding optree. Die reaksietempo is nogtans afhnakelik van watter soort alkohol gebruik word. Primêre alkohols soos etanol reageer by kamertemperatuur glad nie. Sekundêre alkohols soos 2-propanol reageer stadig en tertiêre alkohols soos t-butanol (1,1 dimetieletan-1-ol) reageer vinnig.

Watervrye sinkchloried is 'n taamlik sterke Lewis-suur en kombinasie met HCl maak dit 'n uiters sterke suur wat die -OH kan protoneer.

Hierdie reagens word veral edukatief gebruik om die verskille in reaktiwiteit van primêre, sekundêre en tertiêre alkohole te demonstreer.[1]

Eksterne skakel

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. A Textbook of Organic Chemistry Sjabloon:Outeur Alpha Science Int'l Ltd., 2000, ISBN 817319159X, ISBN 9788173191596, bls. 262