Madelung-konstante

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Die Madelung-som in 'n haliettralie. Naaste bure = 1, daarna 2, daarna 3 ensomeer

Die Madelung-konstante is ' geometriese konstante wat in die anorganiese chemie 'n belangrike rol speel in die beskrywing van die bindingsenergie van suiwer ioniese kristallyne stowwe.

Indien twee ione, 'n katioon met lading Z+ en 'n anioon met lading Z- mekaar nader tot 'n afstand r, is hulle elektrostatiese energie:

Ec=Z+Ze24πϵor

In die kristal het 'n katioon nogtans meer as een anioon-nabuur. In die B1-struktuur van haliet het 'n natriumioon ses chloornabure op afstand ao/2 en twaalf Na-bure op afstand ao2/2 ensomeer. Hierdie feit kan in die formule met die Madelungkonstante A weergegee word.

EMadelung=A.Z+Ze24πϵor

In die geval van die halietstruktuur geld:

A=6122+83+...1.74756

Hierdie uitdrukking is 'n konvergerende reeks, maar dit verskillend vir elke struktuurtipe.

Tipe Koördinasiegetalle Geometriese faktor Konvensionele faktor
B1 6:6 1.74756 1.74756
B2 8:8 1.76267 1.76267
B3 4:4 1.63806 1.63806
B4 4:4 1.64132 1.64132
C1 8:4 2.51939 5.03878

Wanneer die stoigiometrie nie 'n ioonverhouding van 1:1 het nie, is daar twee maniere om die konstante weer te gee, soos hierbo (die geometriese een) of die konvensionele een wat gebruik maak van die faktor Z±2 wat die hoogste gemeenskaplike faktor van Z+ en Z- is. Vir fluoriet (Sjabloon:Chem) Z±2=1.[1]

Die Madelung-energie verklaar 90% van die bindingsenergie van 'n suiwer ioniese kristal. Indien die binding meer kovalent of metallies word, is dit nie langer die geval nie.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Inorganic chemistry Sjabloon:Outeur 1993 ISBN 0-06-042995-X bls 104