Magnesiumsulfied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Magnesiumsulfied is 'n verbinding van magnesium met swael. Dit het die chemiese formule Sjabloon:Ch2.

Die suiwer stof is 'n wit vastestof, maar dit kleur gelerig or bruin deur onsuiwerhede.

Dit kom in die natuur as die mineraal niningeriet voor. Dit bevat nogtans dikwels ook yster en mangaan.[1]

Kristalstuktuur

Magnesiumsulfied kristalliseer in die haliet-struktuur[2], B1 in die strukturbericht-klassifikasie.

Chemiese eienskappe

Magnesiumsulfied kan uit die elemente gevorm word, bv. deur in 'n kolf swael te verdamp en 'n brandende stuk magnesiummetaal in te steek:[3]

Mg(s)+S(g)MgS(s)

Dit is in water oplosbaar maar dit hidroliseer en lewer 'n basiese oplossing:

Mg2+(aq)+S2(aq)+2H2OMg2+(aq)+2OH(aq)+H2S(g)

Gebruike

Nanodeeltjies van magnesiumsulfied, ingebed in alginaat, kan gebruik word om lood (PbSjabloon:Sup) uit afvalwater te verwyder.[4]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Sulfiede

  1. Sjabloon:Cite web
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kelly
  3. Sjabloon:Cite book
  4. Sjabloon:Cite journal