Natrium-22

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Isotoopkas

Natrium-22 (chemiese notasie: Sjabloon:Sub supNa) is 'n radioaktiewe isotoop van natrium.

Verval

Hierdie kern verval hoofsaaklik deur vrystelling van 'n positron (90,6%). In 9,4% van die gevalle vind elektronvangs plaas. Positronemissie is 'n driedeeltjiesproses waarin 'n proton in 'n neutron verander en 'n neutrino vrygestel word:[1]

p+n+e++νe

Die isotoop verval hierdeur na neon-22. Die maksimale energie van die positron is 543 keV, maar dit kan deur die driedeeltjiesproses ook laer wees. Die waarskynlikste energie is ongeveer 240 keV.[1]

Aanwending

Natrium-22 is 'n goeie bron van positrone, wat in die tegniek positron-annihilasie-spektroskopie (PAS) gebruik word.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Chemiesaadjie