Natriumnitriet

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Natriumnitriet is die sout van natrium en salpterigsuur. Dit het die chemiese formule Sjabloon:Chem.

Kristalstruktuur

Onder 158 °C kristalliseer dit in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die F5Sjabloon:Sub-struktuurtipe van die strukturbericht-klassifikasie is. In hierdie fase is die dipoolmomente van die nitrietione spontaan in die rigting van die b-as georden. Teen 158 °C vind 'n faseoorgang van tweede orde plaas. Die dipole word wanordelik en die stof paraelektries. [1]Die ruimtegroep word Immm (71).[2]

Chemiese eienskappe

Wanneer lood by gesmelte natriumnitraat gevoeg word, reduseer die lood die nitraat- tot nitrietione en word loodoksied en natriumnitriet gevorm. Die loodoksied is nie oplosbaar in water nie, maar die nitriet is en kan dus daardeur geskei word:[3]

NaNO3(l)+Pb(s)PbO(s)+NaNO2(l)

Gebruike

Dit word gebruik in hitte-oordragsoute, metaalbehandeling en afwerking, as 'n kleurfixeermiddel, as preserveermiddel vir vleis en vis, in farmaseutiese produkte en as 'n teenmiddel vir sianiedvergiftiging.[4]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata