Neodimiumheksaboried
Neodimiumheksaboried is 'n verbinding van neodimium en boor met die chemiese formule Sjabloon:Ch2.
Dit is 'n vuurvaste stof wat 'n goeie elektriese geleier is.
Kristalstruktuur
Sjabloon:Ch2 kristalliseer in die kubiese kalsiumheksaboried-struktuur. Dit is die D2Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie[1]
Chemiese eienskappe
Sjabloon:Ch2 kan deur boogsmelting van die elemente vervaardig word. 'n Ander metode is uit Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2 in 'n oond by 1500 °C.[1]
Fyne poeiers kan deur meganochemiese sintese by kamertemperatuur verkry word deur Nd saam met Sjabloon:Ch2 en magnesium in 'n balmeul te vermaal. Enkelkristalle is verkry uit 'n smelt van aluminium by 1300 °C. Ná afkoeling word die aluminium verwyder deur dit in verdunde soutsuur op te los.[1]
Fisiese eienskappe
Die stof ondergaan 'n oorgang van antiferromagneties na paramagneties met TSjabloon:Sub=8,45K.[2]
Gebruike
Sjabloon:Ch2 het baie toepassings in gevorderde tegnologieë vanweë sy voortreflike eienskappe soos hoë smeltpunt, hoë hardheid, lae dampdruk, chemiese stabiliteit, supergeleiding en goeie neutronabsorpsie-dwarssnit. NdB6 is 'n kandidaatmateriaal vir neutronabsorbeerdertoepassing in kernreaktors as gevolg van hoë neutronabsorpsie-dwarssnit van booratoom (3800 barn vir die Sjabloon:SupB-isotoop). Dit kan vanweë sy lae werkfunksie van 1,6 eV as elektronemitter gebruik word in toerusting wat elektronstrale gebruik soos elektronmikroskope, elektronversnellers of in elektronstraalsweiswerk. Sjabloon:Ch2 is, soos ander lantaniedheksaborides, geskik vir sensors om fotons op te spoor as gevolg van sy foto-emissie-eienskap. Sjabloon:Ch2 is 'n potensiële materiaal vir toepassings vir elektromagnetiese koppelvlakafskerming om elektroniese toerusting teen elektromagnetiese besoedeling te beskerm.[1]