Nikkelhidroksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Nikkelhidroksied is 'n basis van nikkel met formule Sjabloon:Ch2.

Kristalstruktuur

Sjabloon:Beta-Sjabloon:Ch2 kristalliseer in die gelaagde trigonale kadmiumjodied-struktuur (oftewel die brusiet-stuktuur) wat die C6-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[1]

Sjabloon:Alfa-Sjabloon:Ch2 kristalliseer in 'n romboëdriese (trigonale) struktuur met 'n langer c-as wat 'n andere pakmodus besit. Dit is ook 'n gelaagde struktuur met dieselfde rand-delende oktaëdriese lae as Sjabloon:Beta-Sjabloon:Ch2. As gevolg van die relatief swak interaksies tussen die lae, kan spesies tussen die lae geïnterkaleer word, wat lei tot 'n verlenging van die c-as van die eenheidsel. Dit kan ook veroorsaak dat die lae uit belyning gly en lukraak relatief tot mekaar oriënteer. Dit kan lei tot 'n struktuur wat dikwels as turbostraties beskryf word.[1]

Daar is verskeie wanordelike strukture gerapporteer vir gelaagde nikkelhidroksiede insluitend dié met stapelfoute en versteuring van die fase-interstratifikasie.[1]

Chemiese eienskappe

Nikkelhidroksied kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van nikkelnitraat 'n oplossing van kaliumhidroksied by te voeg. As dit teen hoër temperature uitgevoer word of die neerslag aan langer verouderingstye blootgestel word, word die Sjabloon:Beta-vorm verkry. Laer temperature en korter tye lewer 'n produk wat meer wanorde en 'n slegter kristaliniteit besit. [1]

Die amorfe neerslag bevat baie water en die Sjabloon:Alfa-modifikasie kan as 'n hidraat Sjabloon:Ch2 beskou word met geïnterkaleerde watermolekules wat die afstand tussen die nikkellae vergroot. Die teenwoordigheid van ione soos karbonaat stabiliseer die Sjabloon:Alfa-struktuur.[2]

Elektrochemiese oksidasie lei tot die vorming van die bruiswart oksiedhidroksied NiOOH wat nikkel is sy +3 oksidasietoestand bevat:[2]

Ni(OH)2H++1e+NiOOH

of, in basiese oplossings:

Ni(OH)2+OHH2O+1e+NiOOH

Die interkalasieprosesse staan toe dat hierdie reaksie binne die vaste nikkelhidroksiedelektrodes plaasvind.[2]

Gebruike

Nikkelhidroksied is een van die komponente van die nikkelkadmiumbattery

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Hidroksiede

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kurt
  2. 2,0 2,1 2,2 Sjabloon:Cite journal