Nitrering

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Nitrering is 'n chemiese reaksie waarby 'n organiese verbinding met die nitroniumioon NO2+ reageer.

Die reaksie word gewoonlik met nitreersuur uitgevoer. Dit is 'n mengsel van gekonsentreerde swawelsuur en gekonsentreerde salpetersuur. In hierdie mengsel word die nitroniumioon vrygestel. Die produkte is dikwels taamlik onstabiel en hulle word as plofstowwe toegepas.

Daar is twee vorms van nitrering:

Verestering

Dis 'n reaksie waarby 'n alkohol (met funksionele groep OH) in 'n nitraatester (met funksionele groep ONO2) omgesit word.

Die meganisme word gewoonlik voorgestel as:

'n Voorbeeld van 'n produk van nitering is nitrogliserien.

Aromatiese nitrering

'n Effens ander reaksie is die aromatiese nitrering. Hierby word met nitreersuur 'n nitrogroep NO2 in 'n aromatiese ring ingevoer:

Kyk ook

Sjabloon:Saadjie