Osmium(VIII)oksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Osmium(VIII)oksied of osmiumtetroksied is 'n oksied van osmium in sy hoogste +8 oksidasietoestand. Dit is 'n vlugtige vastestof. Die dampe is gevaarlik omdat dit die oë aantas en blindheid kan veroorsaak.

Kristalstruktuur

Die stof het 'n molekulêre struktuur met tetraëdriese molekules. Dit kristalliseer in 'n monokliniese struktuur. Die Os-O-afstande is 169,8 en 172,pm en die tetraëderhoeke wissel van 106,7 tot 110,7°[1]

Chemiese eienskappe

Die stof word maklik gevorm as die metaal osmium, veral in sy poeiervorm aan die lug se suurstof blootgestel word:

Os(s)+2O2OsO4(g)

Dit wat osmium sy naam gegee het: die Griekse woord 'osmein' beteken 'stink'.

Gebruike

SBS blokkopolimeer wat met Sjabloon:Chem gekleur is

Dit is 'n sterk oksideermiddel wat met baie organiese stowwe reageer en osmiumverbindings met laer oksidasietoestande agterlaat. Hierdie eienskap is belangrik vir die elektronmikroskopie omdat die stof as kleurings- (of kontras-)middel gebruik word. Deurdat osmium 'n sware metaal met heelpary elektrone is sorg die gereduseerde neerslae vir 'n goeie kontras met dele van die monster waar dié neerslag ontbreek. In die mikroskopie van blokkopolimere soos ABS kan die verskil tussen die lamelle van die een blok en die ander sigbaar gemaak word.[2]

Die kleuring is dikwels selektief. Sommige stowwe word deur osmiumtetroksied glad nie aangetas nie. Rutenium(VIII)oksied is 'n alternatief wat minder kieskeurig en nog aggressiewer is.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Oksiede

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Krebs
  2. Sjabloon:Cite journal