Palladiumsulfied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Palladiumsulfied is 'n verbinding van palladium en swael met formule Sjabloon:Ch2.

Dit word in die natuur as die mineraal vysotskiet aangetref.[1]

Palladiumsulfied is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 1,6 eV en 'n hoë absorpsiekoëffisiënt (a ~10Sjabloon:Sup cmSjabloon:Sup by hSjabloon:Nu>2,0eV) wat bestudeer is vir gebruik in fotoëlektrochemiese[2] en fotovoltaïese[3] sonselle.

Kristalstruktuur

Palladiumsulfied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur wat die argetipe van die B34-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die palladiumatome word deur 'n vlak vierkant van vier swaelatome omring.[4]

Eienskappe

Die stof kan verkry word deur poeiers van die elemente in kwartsampulle in 'n vakuum te verhit.

PdS het interessante elektriese eienskappe. Tot 200K neem die geleidbaarheid Sjabloon:Sigma toe soos 'n halfgeleier maar van 200K tot 600K is dit amper konstant. Bo 600K neem dit weer toe. Die Seebeck-koëffisiënt S is groot en negatief (400 Sjabloon:MuV/K teen 350K sonder dotering) wat daarop dui dat die geleiding veral deur elektrone veroorsaak word. Die termoëlektriese kragfaktor PF=SSjabloon:SupSjabloon:Sigma is baie hoog (27Sjabloon:MuW/cm.KSjabloon:Sup by 800K) wat dit 'n interessante materiaal vir opwekking van termoëlektriese elektrisiteit maak.[5]

Wanneer palladiumsulfied by temperature van 150 °C aan waterstofgas blootgestel word, verloor die verbinding 'n deel van sy swael en vorm Sjabloon:Ch2 wat 'n kragtige katalisator vir die selektiewe hidrogenering van asetileen is:[6]

4PdS(s)+3H2(g)Pd4S(s)+3H2S(g)

Verwysing

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Sulfiede

  1. Sjabloon:Cite web
  2. Sjabloon:Cite journal
  3. Sjabloon:Cite journal
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Aflow
  5. Sjabloon:Cite journal
  6. Sjabloon:Cite journal