Platinum

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Elementboks opskrif Sjabloon:Elementboks reeks Sjabloon:Elementboks groepperiodeblok Sjabloon:Elementboks voorkoms beeld Sjabloon:Elementboks atoommassa gpm Sjabloon:Elementboks ekonfig Sjabloon:Elementboks eperskil Sjabloon:Elementboks afdeling fisieseiensk Sjabloon:Elementboks fase Sjabloon:Elementboks digtheid gpcm3nkt Sjabloon:Elementboks digtheidvl gpcm3sp Sjabloon:Elementboks smeltpunt Sjabloon:Elementboks kookpunt Sjabloon:Elementboks smeltwarm kjpmol Sjabloon:Elementboks verdampwarm kjpmol Sjabloon:Elementboks warmtekap jpmolkteen25 Sjabloon:Elementboks dampdruk katpa Sjabloon:Elementboks afdeling atoomeiensk Sjabloon:Elementboks kristalstruktuur Sjabloon:Elementboks ruimtegroep Sjabloon:Elementboks Strukturbericht Sjabloon:Elementboks oksiedtoest Sjabloon:Elementboks elektroneg pauling Sjabloon:Elementboks ioonenergie2 Sjabloon:Elementboks atoomradius pm Sjabloon:Elementboks atoomradiusber pm Sjabloon:Elementboks kovalenteradius pm Sjabloon:Elementboks vanderwaalsradius pm Sjabloon:Elementboks afdeling diverse Sjabloon:Elementboks magneties Sjabloon:Elementboks eweerstand ohmmteen20 Sjabloon:Elementboks termiesegeleiding wpmkteen300k Sjabloon:Elementboks termieseuitsetting umpmkteen25 Sjabloon:Elementboks spoedvanklank staafmpsteen20 Sjabloon:Elementboks youngsemodulus gpa Sjabloon:Elementboks skuifmodulus gpa Sjabloon:Elementboks massamodulus gpa Sjabloon:Elementboks poissonverhouding Sjabloon:Elementboks mohsehardheid Sjabloon:Elementboks vickershardheid mpa Sjabloon:Elementboks brinellhardheid mpa Sjabloon:Elementboks cas nommer Sjabloon:Elementboks isotope begin Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope verval Sjabloon:Elementboks isotope stabiel Sjabloon:Elementboks isotope eindig Sjabloon:Elementboks voetskrif

Platinum is 'n chemiese element met die chemiese simbool Pt en 'n atoomgetal van 78. Die naam van die element is afgelei vanaf die Spaanse term platina del Pinto, wat letterlik vertaal word na “kleine silwer van die Pintorivier”.[1] Dit is deel van die Groep 10 elemente in die periodieke tabel van elemente. Platinum is redelik dig, pletbaar, smeebaar, 'n edelmetaal, en 'n oorgangsmetaal.

Die kleur daarvan is gryswit, dit is korrosiebestand en word gevind in sommige nikkel- en koperertse saam met vrye elemente. Platinum word gebruik in juweliersware, laboratoriumtoerusting, elektriese kontakpunte en elektrodes, platinum weerstandtermometers, tandartse se toerusting en katalitiese omsetters.

Chemiese eienskappe

Platinum staan bekend as 'n edelmetaal, net soos goud en silwer. Die term edelmetaal beteken dat hierdie metale nie met suurstof verbind as dit daarmee in aanraking kom nie. Hulle roes of slaan dus nie aan wanneer hulle aan die atmosfeer blootgestel word nie.

Platinum is ook in staat om die inwerking van die meeste sure te weerstaan, behalwe waterstofjodied HI by 100° C. Dit word nie deur salpetersuur, swaelsuur, fluoorsuur of soutsuur aangetas nie. Reagense wat uit mengsels van sure bestaan, bv. aqua regia (koningswater: 'n mengsel van salpeter- en soutsuur) kan wel die metaal aanval. Platinum gaan as heksachloroplatinumsuur in oplossing:

8HCl+2HNO3+PtH2PtCl6+4H2O+2NOCl

Teen 80° los dit ook in 'n Sjabloon:Ch2/HCl-mengsel as heksachloroplatinumsuur op. Platinum los ook in 'n smelt van kaliumsianied by 700° C op. [2]

Platinum reageer met chloor, swawel en fosfor, en ook wanneer dit saam met sekere alkalië verhit word.

Katalisator

Een van die belangrikste eienskappe van platinum is dat dit 'n uiters doeltreffende katalisator is. Party chemiese reaksies vind spontaan plaas, terwyl ander spesiale toestande vereis voordat hulle plaasvind, bv. deur die stowwe te verhit of 'n hoë druk toe te pas. Party chemiese reaksies vind slegs in die teenwoordigheid van 'n bykomende chemiese stof plaas, of word daardeur versnel.

So 'n stof, wat nie self deur die reaksie verander word nie, word 'n katalisator genoem. In die nywerheid word platinum veral as 'n katalisator gebruik. In die aanwesigheid daarvan is dit moontlik om die gasse stikstof en waterstof, of suurstof en swaweldioksied, deur verhitting te laat verbind, en platinum word op hierdie manier gebruik in die grootskaalse vervaardiging van ammoniak en swawelsuur.

Ander gebruike

Platinum het egter ook ander gebruike in die wetenskap en in die nywerheid. Aangesien platinum minder as die meeste ander metale uitsit wanneer dit verhit word, kan dit in glasware verseel word sonder om die glas te laat kraak; hierdie eienskap maak platinum uiters geskik vir gebruik in laboratoriumtoerusting.

Omdat platinum ook roesbestand is, word dit baie in laboratoriums vir smeltkroese, elektriese kontakpunte en in hoogoonde gebruik. In hierdie gebruike word platinum gewoonlik as 'n allooi saam met rodium, iridium, rutenium of wolfram gebruik om dit 'n groter sterkte en hardheid te gee. 'n Ander baie belangrike gebruik van platinum - baie keer in 'n allooi met goud of silwer - is in die juweliersbedryf, veral in die montering van diamante.

Verwysings

  • KENNIS, 1980, ISBN 0798108258, volume 3, bl. 533

Sjabloon:Verwysings

Eksterne skakels

Sjabloon:Commons-kategorie inlyn Sjabloon:Wikt-inlyn

Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Navigasie Periodieke tabel

Sjabloon:Normdata