Relatiewe snelheid

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
’n Voorstelling van die relatiewe snelheid tussen twee deeltjies.

Die relatiewe snelheid v→BA (ook v→B/A of v→BrelA) is die snelheid van ’n voorwerp of waarnemer, B, in die russtelsel van ’n ander voorwerp of waarnemer, A. As dit konstant is,

v→BA=−v→AB

waar v→AB die snelheid van A in die russtelsel van B is.

As albei voorwerpe of waarnemers beweeg, is die relatiewe snelheid nie noodwendig dieselfde as die verskilsnelheid nie.

Voorbeeld 1: Jannie en Sannie ry in dieselfde rigting. Jannie se snelheid is 90 km/h en Sannie s’n 110 km/h. As ons aanneem Jannie se snelheid is v→B en Sannie s’n v→A, dan is

v→A rel B=110−90=20 km/h.

Dit is die snelheid wat deur Jannie waargeneem word. Jannie sien dat Sannie teen 20 km/h ry.

Voorbeeld 2: Jannie en Sannie ry in teenoorgestelde rigtings. Jannie se snelheid is 90 km/h en Sannie s’n 100 km/h. As ons aanneem Jannie se snelheid is v→B en Sannie s'n v→A, dan is

v→A rel B=100−(−90)=190 km/h.

Let op dat Jannie se snelheid negatief is, want hy ry in die teenoorgestelde rigting as Sannie. Dus:

v→A rel B=100+90=190 km/h.

Dit is die snelheid wat deur Jannie waargeneem word. Jannie sien dat Sannie teen 190 km/h ry.

Eksterne skakels