Silikon-29

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Isotoopkas

Silikon-29 (chemiese notasie: Sjabloon:Sub supSi) is 'n stabiele isotoop van silikon. Dit is 'n seldsame isotoop.

Nukleosintese

In teenstelling tot silikon-28 is hierdie isotoop geen primêre nukleosintesekern nie, maar 'n sekondêre een. Sterre wat aanvanklik net waterstof en helium bevat kan baie silikon-28 lewer as hulle as supernova ontplof, maar geen silikon-29 nie. Hierdie isotoop word net volop in 'n kern-ineenstorting-supernova tipe II vervaardig. Dit vereis 'n ster wat aanvanklik ook koolstof en suurstofkerne bevat. Dit verklaar waarom Sjabloon:Sub supSi baie minder op aarde aanwesig is as Sjabloon:Sub supSi.[1]

KMR

Silikon-29 is die enigste stabiele isotoop wat aan kernresonansie onderwerp kan word. Dit het 'n gunstige I=1/2-kernspin, maar die gevoeligheid en die aanwesigheid is nie so gunstig nie. In die natuurlike samestelling is die gevoeligheid 3,68 x 10-4 keer die proton s'n, wat ongeveer twee keer die gevoeligheid van koolstof-13 verteenwoordig. Die resonansiefrekensieverhouding is 19,867187%. Die bereik van die chemiese verskuiwings is taamlik groot, ongeveer 519 dpm. 'n Probleem is dat die KMR-buisies wat gewoonlik gebruik word self silikon bevat en 'n breë piek van -100 tot -130 dpm lewer. Indien die monster ook in hierdie gebied 'n sein lewer, moet dit óf afgetrek word, óf 'n ander buisiemateriaal gebruik word.[2]

Vastetoestand-KMR word ook op Sjabloon:Sub supSi aangewend. Dit lewer inligting oor die verskillende kristallografiese posisies wat silikon in 'n kristalrooster inneem. In silikaliet, 'n ZSM-5 zeoliet kan byvoorbeeld 20 van die 24 kristallografiese posisies as pieke waargeneem word. In amorfe materiale versmelt die pieke egter, en vorm een breë piek.[3] 'n Ander voorbeeld van 'n stof wat met hierdie metode bestudeer is is dioptaas.[4]

Geochemie

Die isotoopverhouding 29/28 word nes die 30/28-verhouding in die geochemie as navorsingsmetode gebruik.

δ29Si=(Si29Si28monsterSi29Si28standaard1)*1000

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Chemiesaadjie

  1. Handbook of Isotopes in the Cosmos: Hydrogen to Gallium Sjabloon:Outeur Cambridge University Press, 2007, ISBN 0-521-53083-0, ISBN 978-0-521-53083-5
  2. Hebreeuse Universiteit van Jerusalem
  3. Solid-State NMR II: Inorganic Matter Deel 31 van NMR Basic Principles and Progress Sjabloon:OuteurSpringer Science & Business Media, 2013, ISBN 3-642-50049-8, ISBN 978-3-642-50049-7
  4. Ground state of the spin-1/2 chain of green dioptase at high fields Sjabloon:Outeur 2013