Silikontetrachloried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Silikontetrachloried is 'n verbinding van silikon en chloor met die formule Sjabloon:Ch2.

Chemiese eienskappe

Silikontetrachloried word gewoonlik teen ongeveer 400 °C uit die elemente vervaardig.

Si(s)+2Cl2(g)400 oCSiCl4(g)

Sorg moet gedra word om alle vog te vermy. Chloor word gedroog deur dit deur gekonsentreerde swaelsuur te lei. Rou silikon bevat dikwels yster wat as ystertrichloried Sjabloon:Ch2 sal sublimeer. Dit moet toegelaat word om neer te slaan voordat die Sjabloon:Ch2-damp gekondenseer word. By reaksietemperature net onder 400 °C kan klein hoeveelhede hoër silikonchloriede soos Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2 gevorm word wat deur gefraksioneerde distillasie verkry kan word.[1]

Met water hidroliseer dit tot soutsuur en kieselsuur:[2]

SiCl4+4H2OH4SiO4+4HCl

Gebruike

Dit word gebruik om militêre rookskerms en om silikone, saamgesmelte silikaglas, rooksilika, silika-optiese golfleiers, transistors en ander chemiese produkte te vervaardig.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Chloriede

  1. Sjabloon:Cite book
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PC