Tafelsout

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Tafelsout is 'n natuurlike geurmiddel wat daagliks in kos geëet word.

Gewone sout is 'n minerale stof wat bestaan uit natriumchloried (NaCl), 'n verbinding wat deel uitmaak van die groter klas van ioniese soute. Sout in sy natuurlike vorm is 'n kristallyne mineraal bekend as rotssout of haliet. Sout is een van die oudste en mees alomteenwoordige geurmiddels van kos en 'n belangrike metode van voedselpreservering. Tafelsoutkristalle het 'n halietstruktuur.

Seewater

Sjabloon:Hoofartikel Sout is in groot hoeveelhede teenwoordig in die see waar dit die belangrikste minerale bestanddeel is, met die oop see wat ongeveer 35 gram (1,2 onse) van vastestowwe per liter bevat, 'n soutgehalte van 3,5%.

Seesout word geoes.

Mens, dier en plant

Sout is noodsaaklik vir dierelewe en een van die basiese menslike smake. Diereweefsel bevat groter hoeveelhede sout as plantweefsel. Die tipiese dieet van nomades wat leef van hul kleinvee en beeste verg daarom min of geen soutbyvoeging, terwyl 'n graangebaseerde dieet aanvulling vereis.

Organismes wat op die land leef het nogtans net 'n beperkte hoveeelheid sout nodig. In gebiede waar die soutinhoud van die grond te hoog is, leef plante wat spesiale aanpassings daaraan ontwikkel het. Hulle word halofiete genoem.

Preserveermiddel

Die mens het lank sout as preserveermiddel gebruik. Dit verhinder die groei van mikroörganismes wat voedsel aantas of staan fermentasie toe wat 'n eetbare produk oplewer. 'n Goeie voorbeeld is die oorspronkelik Ierse corned beef. Die corn verwys na die growwe sout waarmee vleis bewaar word. 'n Ander voorbeeld is suurkool, waar fyngekapte kool met sout vermeng word. In die pekel wat uit die plantvog gevorm word, vind maklik fermentasie deur melksuurbakterieë plaas.

Oplosbaarheid

Die oplosbaarheid van sout in water verbeter weinig met 'n styging in temperatuur, van 357 mg/ml (teen 25 °C) na 384 mg/ml (in water teen 100 °C). Toevoeging van HCl laat die oplosbaarheid sterk afneem en in gekonsentreerde HCl is die stof byna onoplosbaar.[1]

Chemiese eienskappe

Soutoplossings (pekel) word grootskaals aan elektrolise onderwerp. Die produkte is chloorgas Sjabloon:Chem en natriumhidroksied NaOH:[2] Die anodiese reaksie is:

2ClCl2+2e

Aan die katode vind watersplitsing plaas:

2H2O+2eH2+2OH

Natriumhidroksied (natronloog) en chloor kan gekombineer word om bleikmiddel (hipochloriet Sjabloon:Chem) te vervaardig:

Cl2+2OHOCl+H2O+Cl

As die oplossing verhit word, ontstaan chloraat:

3OCl2Cl+ClO3


Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Chloriede Sjabloon:Normdata