Titaannitried
Titaannitried is 'n verbinding van titaan en stikstof met die chemiese formule Sjabloon:Chem.
Kristalstruktuur
Titaannitried kristalliseer in die kubiese haliet-struktuur. (B1 in die strukturbericht-klassifikasie).[1]
Eienskappe
Titaannitried kan uit die elemente gevorm word deur titaanpoeier teen hoë temperature met 'n stikstofatmosfeer te laat reageer.[2]
Nanodeeltjies van titaannitried kan verkry word deur ammonolise van komplekse van titaan(IV)chloried Sjabloon:Chem, waar L 'n ligand soos Sjabloon:Chem, 4,4'-bpy, Sjabloon:Chem of THF is. 'n Ammonolise is 'n vorm van pirolise wat in 'n atmosfeer van ammoniak plaasvind:[3]
'n Tussenproduk van hierdie proses is Sjabloon:Chem
Titaannitried het 'n hoë weerstand teen korrosie en aantasting deur sure. Dit is 'n goeie elektriese geleier. Die Fermi-vlak is in 'n band met sterk menging van Ti 3d en N 2p-orbitale. Die toestandsdigtheid aan die Fermi-vlak is 0,87 eVSjabloon:Sup[1]
Gebruike
Die mees algemene gebruik van TiN is in bedekkings met dunne lae. TiN-bedekkings sorg vir verbeterede korrosiebestandheid op masjiengereedskap, soos boorpunte en freessnyers. Dit kan hul leeftyd met 'n faktor van drie of meer verbeter. TiN word ook algemeen gebruik as 'n toplaagbedekking op nikkel (Ni) of chroom (Cr) geplateerde substrate, op loodgietertoebehore en ander hardeware. Vanweë TiN se kleur, wat soos goud lyk, word dit ook in juwele of vir dekorariewe doeleindes toegepas.
Bedekkings word gewoonlik óf deur reaktiewe groei (byvoorbeeld deur uitgloeiing van 'n stuk titaan in stikstof) óf deur fisiese dampneerslag (PVD) vervaardig. Die diepte is ongeveer 3 mikrometer. Sy hoë Young se modulus (600 gigapascal) relatief tot titaniumlegerings (100 GPa) beteken dat dik bedekkings geneig is om weg te vlok, wat hulle baie minder duursaam maak as dunne lae.
Vanweë sy nie-toksiese eienskappe is dit al gebruik in mediese toestelle soos skalpellemme en ortopediese beensaagblaaie waar skerpte en randretensie belangrik is en by inplantings in die liggaam, soos by heupvervangings
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Nitriede
- ↑ 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedZhang - ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ Sjabloon:Cite book