Uraan(II)sulfied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Uraan(II)sulfied of uraanmonosulfied is 'n verbinding van uraan in sy 2+ oksidasietoestand met swael met die formule Sjabloon:Ch2.

Kristalstruktuur

Uraan(II)sulfied kistalliseer met die haliet-struktuur[1], wat die B1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.

Chemiese eienskappe

Uraan(II)sulfied is 'n silwerkleurige geleier, wat aan die lug blootgestel stadig verkleur na bronskleurig deurdat aan die oppervlak oksiede soos Sjabloon:Ch2 gevorm word. Dit het 'n magnetiese oorgang teen 180K en word ferromagneties. Die warmtekapasiteit by die Curiepunt vertoon die tiperende verloop van 'n lambda-oorgang.[2]

Dit kan verkry word deur gepoeierde uraanmetaal in waterstofsulfied te verhit:[2]

U(s)+H2ShitteUS(s)+H2

Die reaksieproduk is nogtans 'n mengsel van uraanmetaal en verskeie sulfiede. Westrum et al. gebruik sintering teen baie hoë temperature (2100 °C) om homogeniteit te bereik.

Magnetiese eienskappe

US word ferromagneties onder 177 K met 'n magnetiese moment teen 0K van 1.55 μSjabloon:Sub. Die 5f-bydrae daarvan is bepaal deur neutrondiffraksie 1,7 μSjabloon:Sub. Die verskil van -0,15 μSjabloon:Sub is te wyte aan die diffuse geleidingselektrone wat antiparallel aan die totale moment gepolariseer is. Hoewel US kubies is, het dit 'n enorme magnetiese anisotropie by lae temperature. Onder druk daal die Curietemperatuur teen -0.23K/kbar wat bewys lewer dat US 'n itinerante ferromagneet is. Die magnetiese moment is dus nie vas op een posisie gelokaliseer nie, maar hulle reis rond met die geleidingselektrone wat hulle veral in orbitale van 5f-karakter bevind.[3]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Sulfiede

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Zach
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Westrum
  3. Sjabloon:Cite journal