Waterstofselenied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Waterstofselenied is 'n verbinding van waterstof en seleen in sy -2 oksidasietoestand en formule Sjabloon:Chem. Die soute word seleniede genoem.

Dit is 'n toksiese, brandbare en baie onwelriekende gas wat oplosbaar is in water en 'n matig sterk suur is.

In die liggaam

Die stof speel 'n sleutelrol in die sintese van seleenhoudende proteïene. Dit kom in spoorhoeveelhede in die menslike liggaam voor as sy gekonjugeerde basis Sjabloon:Chem, die waterstofseleniedioon. Die liggaam kan 'n oorskot van die stof op twee maniere uitskei: deur vorming van selenosuikerverbindings wat in die urine uitgeskei word, of deur reaksie met S-adenosielmetionien (SAM) wat die vlugtige dimetielselenied oplewer wat uitgeasem word:[1]

H2SeSAMH3CSeHSAMCH3SeCH3

Gebruike

Sjabloon:Chem word óf as 'n reduseermiddel gebruik óf vir addisie aan onversadigde molekules. Dit word as reagens in organiese reaksies gebruik, bv. in invoeging in 'n nitril met funksionele groep -C≡N (sianied) wat 'n seleenamied -Sjabloon:Chem oplewer. Dit reageer ook met karbodiïmiede en vorm 'n selenoüreum. Disikloheksielkarbodiïmied word soms gebruik om 'n stof te verkry wat met radioaktiewe Sjabloon:SupSe gemerk is.[2]

Reaksie van die suur met 'n oplossing van natriumhidroksied lewer natriumwaterstofselenied, wat ook as reagens gebruik word:

H2Se(g)+Na+(aq)+OH(aq)Na+(aq)+HSe(aq)+H2O

Natriumwaterstofselenied is 'n kristallyne vastestof wat makliker en veiliger is om as reagens te gebruik as die toksiese en onwelriekende gas self. Die gas kan indien nodig in situ gevorm word deur hidrolise van seleniede soos aluminiumselenied Sjabloon:Chem.[2]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Turner
  2. 2,0 2,1 Sjabloon:Cite book