Wet van Hess

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Die Wet van Hess bepaal dat die totale entalpieverandering gedurende die hele verloop van 'n chemiese reaksie onafhanklik is van die volgorde van stappe wat geneem word.

Dit kan verduidelik word deur die volgende voorbeeld:

Voorbeeld

Wat is die verandering in entalpie van die volgende reaksie:

2C(s)+H2(g)C2H2(g)

Die verandering in entalpie van die volgende eksotermiese reaksies is bekend:

C2H2(g)+52O2(g)2CO2(g)+H2O(l)ΔH=1299.6kJ/mol
C(s)+O2(g)CO2(g)ΔH=393.5kJ/mol
H2(g)+12O2(g)H2O(l)ΔH=285.8kJ/mol

Herskryf die drie reaksies hierbo sodat die som van die reaksies dieselfde gee as die reaksie waarvan ons die verandering in entalpie wil bereken:

2CO2(g)+H2O(l)C2H2(g)+52O2(g)ΔH=+1299.6kJ/mol
2C(s)+2O2(g)2CO2(g)ΔH=787.0kJ/mol
H2(g)+12O2(g)H2O(l)ΔH=285.8kJ/mol

Indien hierdie drie reaksies bymekaar getel word, kanselleer 2CO2(g), 52O2(g) en H2O(g) uit. Die totale verandering in entalpie word bereken as 1299.6 -787.0 - 285.8 = 226.2 kJ/mol

Dus:

2C(s)+H2(g)C2H2(g)ΔH=+226.2kJ/mol

Dit is dus 'n endotermiese reaksie ('n reaksie wat energie opneem).

Bronnelys

Eksterne skakels

Sjabloon:Normdata