Wolfram(VI)fluoried
Wolframheksafluoried of wolfraam(VI)fluoried is 'n verbinding van wolfram is sy hoogste +6 oksidasietoestand en fluoor met die chemiese formule Sjabloon:Ch2.
Kristalstruktuur
Soos by die meeste heksafluoriede van oorgangsmetale bestaan die struktuur uit oktaëdriese molekules, wat onder -8,5 °C kristalliseer in die ortorombiese Sjabloon:Ch2-struktuur.[1] Tussen -8,5 °C en +2 °C word die struktuur kubies en plasties kristallyn.
Chemiese eienskappe
Die verbinding word kommersieel vervaardig deur 'n reaksie van wolframpoeier en fluoorgas by temperature bo 350 °C.[2]
Dit hidroliseer maklik en vorm Sjabloon:Ch2 en HF. Dit is 'n sterk fluorerende middel en korrodeer die meeste metale. Dit reageer teen hoë temperature met waterstof en stel die metaal wolfram en waterstoffluoried vry:[2]
Hierdie reaksie is die basis vir sy gebruik in chemiese dampneerslag van dun lae van ulrasuiwer wolfram. Dit is die verbinding se belangrikste aanwending. Onsuiwerhede soos molibdeenheksafluoried kan verwyder word deur die gas aan molibdeenmetaal bloot te stel. [2]
Wolframheksafluoried reageer met fluoride soos KF en vorm oktafluorowolframate soos:[2]