Wolframkarbied
Wolframkarbied is 'n chemiese verbinding van wolfram en koolstof met 'n formule Sjabloon:Chem
Vervaardiging
Die wêreldproduksie word op 15 000 tot 20 000 ton/jaar geraam.
Die materiaal kan uit die elemente vervaardig word:
Indien 'n mengsel van koolstof en wolframpoeier in 'n koolstofbuis of hoogfrekwente oond tot ~2800 °C verhit word, kan 'n stuk van die materiaal verkry word, maar daar word gewoonlik poeiers met 'n bepaalde korrelgrootte verkoop.[1]
Strukture

WC het twee modifikasies. Die hoëtemperatuurvorm het die kubiese halietstruktuur (B1 in strukturbericht-klassifikasie). Altwee atome is deur ses ander atome omring in 'n oktaëdriese omgewing. Die laetemperatuurvorm het 'n heksagonale struktuur wat van die heksagonale digpakking afgelei kan word deur sy ...ABAB... lae afwisselend deur wolfram(A)- en koolstof(B)-lae te beset. Die omringing is trigonaal prismaties. [2] Dit is die argetipe van die strukturbericht se BSjabloon:Subb-struktuur.[3]
Eienskappe
Wolframkarbied is onoplosbaar in water en verdunde sure, maar dit vorm oplosbare soute met Sjabloon:Chem en Sjabloon:Chem
Die materiaal is uiters hard (9 -9,5 Sjabloon:Mohs, vergelykbaar met korund) en kan by baie hoë temperature gebruik word. [4]
Verwysings
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedSIDS - ↑ Structural, electronic properties and stability of tungsten mono- and semi-carbides: A first principles investigation Sjabloon:Outeur Journal of Physics and Chemistry of Solids, 70(1), Januarie 2009, bls. 64–71
- ↑ Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite web