Yster(III)chloried
Sjabloon:Chemiekas2 Yster(III)chloried is 'n sout van yster in sy +3 oksidasietoestand en soutsuur met formule Sjabloon:Chem.
Eienskappe
Watervrye yster(III)chloried kan uit die elemente vervaardig word deur 'n ysterdraad in 'n stroom van droë chloorgas te verhit. Dit vorm kristalle wat donkergroen sien in refleksie en rooi-pêrs in transmissie. Die kristalle smelt teen 306 °C maar verdamp reeds teen laer temperature. Teen 440 °C bestaan die damp uit dimere Sjabloon:Chem-molekules. Teen hoër temperature (~700 °C) ontbind dit in monomere en in yster(II)chloried en chloorgas.[1] Die stof is korrosief en higroskopies, maar kan watervry gemaak word met tionielchloried of deur destillasie van die aseotroop met benseen. Dit is 'n reagens wat in die organiese chemie gebruik word. Dit is 'n milde oksideermiddel en 'n milde Lewissuur. Die stof vermag koppeling van fenole, dimerisasie van ariellitium en ketoonenolate tot stand te bring. Dit word ook as katalisator in Nazarovsiklisasie en Michaeladdisies gebruik.[2]
Strukture

Die verbinding kristalliseer in die romboëdriese BiISjabloon:Sub-struktuur. (strukturbericht-klassifikasie D0Sjabloon:Sub).[3] Die ysteratome is omring deur 'n oktaëder van chlooratome. Die oktaëders deel rande. Chlooratome vorm brûe tussen twee ysteratome soos die suurstofatoom in water. Die oktaëders vorm lae in die a-b-vlak. In die rigting van de c-as is drie lae gestapel.[4]
In die kristalstruktuur van die vaste stof is die trivalente FeSjabloon:Sup oktaëdries omring deur ses chlooratome. Maar die dimere in die gasfase bestaan uit twee tetraëders wat 'n rand deel. In die vloeistoffase is die omringing ook hoofsaaklik tetraëdries, maar die vloeistof bevat ione wat vir elektriese geleiding sorg. Ramanspektrosopie dui aan dat er waarskynlik 'n ewewig bestaan:[5]
Magnetiese eienskappe
Sjabloon:Chem is paramagneties bokant 9K en is antiferromagneties teen 4K met 'n ingewikkelde heliese spinstruktuur. Die heliks draai rond die [14Sjabloon:Bostreep0]-rigting met 'n taamlik ongewone herhaalafstand van 15. Die spinstruktuur verander in 'n aangelegde magneetveld. [6]
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Chloriede
- ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedGallou - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedAflow - ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedMP - ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ Sjabloon:Cite journal