Perchloraat: Verskil tussen weergawes
imported>Jcwf |
(Geen verskil)
|
Huidige wysiging sedert 23:52, 8 Junie 2024
|
Algemeen | |
|---|---|
| Naam | Perchloraat |
| Termochemiese radius | 2,25(19) Å [1] |
| Lys van anione | |
'n Perchloraat is 'n sout wat die komplekse anioon ClO4- bevat. Dit is die suurres van perchloorsuur HClO4.
Die oksidasietoestand van die sentrale atoom (Cl) is 7+ en dis die hoogste wat moontlik is vir hierdie element. Die vorm van die anioon is tetraëdries.
Perchlorate is baie goed oplosbaar in water en word dikwels gebruik om katione in oplossing te bring. Perchlorate is ook baie sterk oksiderend. Saam met 'n goeie reduserende katioon, soos ammonium, kan dit aan die sout plofbare eienskappe verleen.
Die standaardreduksiepotensiale van die ioon is hoog:
Hoewel die ioon termodinamies vermag om water te splyt en suurstof te vervaardig, is dit kineties nie moontlik nie. Daar is nogtans ander reduksiemiddels soos titanium(III) in 'n HEDTA-kompleks wat 'n redoksreaksie sal veroorsaak.[2][3]
Mars
Die grond van die planeet Mars bevat baie perchlorate: tussen 0,5 en 1%. Dit kan 'n landing op hierdie planeet bemoeilik, maar ook 'n bron van noodsaaklike suurstof wees.[4]
Sien ook
Verwysings
- ↑ Thermochemical Radii of Complex Ions Sjabloon:Outeur Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
- ↑ N-(hydroxyethyl)ethylenediamine-N,N’,N’- triacetatopentaaquotitanium(III)
- ↑ Sjabloon:Webaanhaling
- ↑ Sjabloon:Aut Perchlorate on Mars: A chemical hazard and a resouce for humans, International Journal of Astrobiology 10/2013; 12(4). DOI: 10.1017/S1473550413000189