Ammonium

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Eienskappe

Algemeen

Naam Ammonium  
 
Termochemiese radius 1,36(19) Å [1] 
Λm+ 74,4 [S.cm2/mol][2] 
pKa 9,24
Lys van anione

Ammonium is 'n komplekse katioon met formule Sjabloon:Chem.

Dit word gevorm wanneer ammoniak ('n basis) deur 'n suur geprotoneer word.

Die ammonium-katioon is 'n taamlik swak suur.

Hierdie katioon kom in talle soute voor, wat algemeen goed in water oplosbaar is. Die chemie van ammoniumverbindings kan goed met die alkalimetale s'n vergelyk word.

Van die ammoniumsoute is:

Ammoniummetaal?

Die chemie van ammonium is opmerkelik soortgelyk aan dié van kalium. Ammoniumsulfaat en kaliumsulfaat het bv. dieselfde struktuur en vorm 'n komplete reeks mengkristalle. Neutrale kalium is 'n (nogal reaktiewe) metaal en dit het gelei tot bespiegelings dat neutrale ammonium ook 'n metaal kan wees.

'n Neutrale ammoniummolekule Sjabloon:Ch2 sou egter 'n radikaal Sjabloon:Ch2 wees en dus onstabiel met betrekking tot die reaksie:

2NH4H2+2NH3

Wanneer waterige oplossings van ammoniumsoute aan elektrolise met 'n kwikkatode onderwerp word, vind egter 'n sigbare reaksie plaas. Die kwik 'pluis op'. Dit is geïnterpreteer as die vorming van 'n (onstabiele) amalgaam, dit wil sê 'n legering van kwikmetaal met neutrale ammoniummetaal.[3] Ramsey het selfs in 1954 voorgestel dat onder hoë druk, soos in die binnekant van planete soos Uranus van Neptunus, neutrale ammonium 'n vaste metaal sou vorm.[4]

Latere berekeninge deur Stevenson het egter ernstige twyfel oor hierdie hipotese laat ontstaan. Hy het gedemonstreer dat vaste ammonium metaal by alle waardes van die druk onstabiel sou wees ten opsigte van ontbinding in waterstof en ammoniak.[5]

Afgeleide ione

Die vier waterstofatome van die ammoniumioon kan vervang word deur byvoorbeeld metielgroepe

Dit is die tetrametielammonium-katioon, waarin vier waterstofatome vervang, is, maar monometiel-, diëtiel- en trimetielammonium-katione kan ook vervaardig word.

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Sjabloon:Normdata

  1. Thermochemical Radii of Complex Ions Sjabloon:Outeur Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  2. Sjabloon:Webaanhaling
  3. Sjabloon:Cite journal
  4. Sjabloon:Cite journal
  5. Sjabloon:Cite journal