Idealegaswet

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Daniellouw op 12:41, 23 Augustus 2022
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Benoît Clapeyron (1799-1864)

Die idealegaswet is die toestandsvergelyking (Engels: "equation of state") vir 'n ideale gas. Die gaswet beskryf die gedrag van ideale gasse onder die invloed van druk, volume, temperatuur en aantal deeltjies. Die vergelyking is in 1834 deur Benoît Clapeyron opgestel.

Die formule word aangegee as:

PV=nRT

of vir afwyking van ideale kondisies:

PV=znRT

waar:

  • R = 8.314 kPa.m3/(kmol.K) - Die ideale gaskonstante se eenhede bepaal die eenhede van die res van die vergelyking.
  • P = Druk in kPa
  • V = Volume in m3 of volume vloeitempo in m3/h
  • z = Saampersbaarheidsfaktor (dimensieloos)
  • n = Hoeveelheid mol gas in kmol of molvloei in kmol/h
  • T = Absolute temperatuur in Kelvin (0 °C = 273.15 °K)

Standaardkondisies

By standaardkondisies is P = 101.325 kPa en T = 273.15 K. Daaruit volg:

PV=nRT
101.325×V=n×8.314×273.15
Vn=22.413m3kmol

Dus is 1 kmol gas gelyk aan 22.413 m3 by standaarddruk (101.325 kPa) en standaardtemperatuur (273.15 K).

Of 1 kmol gas is gelyk aan 22.413 m3n (Dit word ook soms geskryf as Nm3 - die N moenie verwar word met Newton nie).

Die simbool vir normaalvloei is gewoonlik Vn.

Digtheid

Die digtheid van 'n gas is:

ρ=mV
n=mMm=nM

Vervang die twee formules inmekaar:

ρ=nMV
PV=nRTnV=PRT

Dus is:

ρ=PMRT Sjabloon:Spaces of Sjabloon:Spaces ρ=PMzRT

waar:

  • ρ = digtheid van die gas in kg/m3
  • M = molêre massa van die mengsel in kg/kmol
  • m = massa van die mengsel in kg
  • z = saampersbaarheidsfaktor (dimensieloos)

Kyk ook

Sjabloon:Normdata