Vergelyking (wiskunde)

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Pynappel op 11:43, 13 September 2020 ({{Ill}} --> {{Intertaalskakel}})
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog
Grafiek vir die vergelyking y = 1/(1+ex).

In wiskunde is 'n vergelyking 'n stelling wat die gelykheid van twee uitdrukkings bevestig.

Die oplos van 'n vergelyking wat veranderlikes bevat, bestaan uit die bepaling van watter waardes van die veranderlikes die gelykheid waar maak. Veranderlikes word ook "onbekendes" genoem en die waardes van die onbekendes wat aan die gelykheid voldoen, word oplossings van die vergelyking genoem. Daar is twee soorte vergelykings: identiteite en voorwaardelike vergelykings. 'n Identiteit geld vir alle waardes van die veranderlike. 'n Voorwaardelike vergelyking geld slegs vir spesifieke waardes van die veranderlikes.[1][2]

'n Vergelyking word geskryf as twee uitdrukkings, gekoppel met 'n gelykteken ("="). Die uitdrukkings aan die twee kante van die gelykteken word die "linkerkant" en "regterkant" van die vergelyking genoem.

Die algemeenste soort vergelyking is 'n algebraïese vergelyking waarin die twee sye algebraïese uitdrukkings is. Elke kant van 'n algebraïese vergelyking bevat een of meer terme. Byvoorbeeld, die vergelyking

Ax2+Bx+C=y

het die linkerkant Ax2+Bx+C, wat drie terme het,en die regterkant y, wat slegs uit een term bestaan. Die onbekendes is x en y en die parameters is A, B, en C.

Sien ook

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

Eksterne skakels

Sjabloon:Commons-kategorie inlyn

Sjabloon:Saadjie Sjabloon:Normdata

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named universalis
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named James