Metielisosianaat

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>InternetArchiveBot op 03:05, 17 Augustus 2021 (Rescuing 3 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Metielisosianaat is 'n reaktiewe organiese verbinding met chemiese formule Sjabloon:Chem. Ook bekend as isosianatometaan en metielkarbielamine. Metielisosianaat is 'n intermediêre chemikalie in die vervaardiging van plaagdoders met karbamaat (soos karbariel, karbofuraan, metomiel en aldikarb). Dit word ook gebruik in die vervaardiging van rubber en kleefmiddels. Metielisosianaat is 'n kleurlose, giftige, lakriemateriaal (maak jou oë water), vlambare vloeistof.[1] Dit is oplosbaar in water tot 6-10 dele per 100 dele, maar reageer ook met water.

As 'n uiters giftige en irriterende materiaal is dit uiters gevaarlik vir menslike gesondheid. Dit was die belangrikste giftige stof wat by die Bhopal-ramp in 1984 betrokke was, wat aanvanklik in totaal 3,787 mense en amptelik 19,787 mense doodgemaak het.[2][3][4][5][6]

Vervaardiging

Union Carbide ('n filiaal van die Dow Chemiese Maatskappy) het die stof vervaardig uit metielamien en fosgeen:[7][8]

CH3NH2+COCl2CH3NCO+2HCl

Hierdie sintese gebruik fosgeen en lewer soutsuur, wat nie omgewingsvriendelik is nie. In die 1980s het die firma DuPont 'n ander sintese ontwikkel wat koolstofmonoksied gebruik pleks van fosgeen.[9]

CH3NH2+COkatalisatorCH3NCO+H2O

In 'n mikroreaktor kan die stof gesintetiseer word deur dehidrogenasie van metielformamied oor 'n silwer-katalisator[10]

O=CHNHCH3H2AgO=C=NCH3

Meganisme van toksisiteit

Tot die 1990s was die meganisme van toksisiteit van metielisosianaat by mense grootliks onbekend of onduidelik.[11][12] Metielisosianaat en ander isosianate is elektrofiele en word daar word tans geglo dat die alkieleering van biomolekules die toksisiteit veroorsaak.[13] Daar is vroeër vermoed dat die meganisme van metielisosianaat die karbamilering van hemoglobien is, wat die suurstofbindingsvermoë kan beïnvloed en hipoksie (suurstofarmoede) kan veroorsaak. Eksperimente het egter getoon dat, toe rotte en proefkonyne aan konsentrasies hoër as die LC50 aan metielisosianaat blootgestel is, slegs 2% van die hemoglobienmolekules gekarbamileer is, wat daarop dui dat dit waarskynlik nie die meganisme van toksisiteit is nie.[14][15]

Buitenste ruimte

Metielisosianaat rondom jong sonagtige sterre waargeneem deur die Atacama Large Millimeter Array[16]

Op 30 Julie 2015 het wetenskaplikes berig dat met die eerste landing van die Philae-lander, Rosetta se klein landingstuig, op komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko se oppervlak, metings deur die COSAC- en Ptolemy-instrumente sestien organiese verbindings aan die lig gebring het, waarvan vier vir die eerste keer op 'n komeet gesien is, insluitend asetamied, asetoon, metielisosianaat en propionaldehied.[17][18][19][20]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Normdata

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Union Carbide 1967
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named irs
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Eckerman
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Eckerman2
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Rosen
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Eckerman2013
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MIC
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ops
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Anastas
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Wiles
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Mehta
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Varma
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Bessac
  14. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Varma2
  15. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ramachandran
  16. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ESO
  17. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Post
  18. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Science
  19. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ESA
  20. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Netwerk24