Niven se stelling
Sjabloon:Weesbladsy In wiskunde sê Niven se stelling (genoem na Ivan Niven) dat die enigste rasionale waardes van θ in the interval 0° ≤ θ ≤ 90° waarvoor die sinus van θ grade ook rasionaal is, die hoeke in die volgende drie gevalle is:[1]
In radiale word vereis dat 0 ≤ x ≤ Sjabloon:Pi/2, dat x/Sjabloon:Pi rasionaal is, en dat sin x rasionaal is. Die stelling geld dus vir sin 0 = 0, sin Sjabloon:Pi/6 = 1/2, en sin Sjabloon:Pi/2 = 1.
Die stelling verskyn as Corollarium 3.12 in Niven se boek oor irrasionale getalle.[2]
Die stelling kan ook na die ander trigonometriese funksies uitgebrei word.[2] Vir rasionale waardes van θ is die enigste rasionale waardes van die sinus of kosinus 0, ±1/2, en ±1; die enigste rasionale waardes van die sekans of kosekans is ±1 en ±2, en die enigste rasionale waardes van die tangens of kotangens is 0 en ±1.[3]
Sien ook
- Pythagorese drietalle vorm regte hoeke waar die trigonometriese funksies altyd rasionale waardes aanneem, alhoewel die skerphoeke nie rasionaal is nie
- Trigonometriese funksies
- Trigonometriese getal
Verswysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
- ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ 2,0 2,1 Sjabloon:Cite book
- ↑ A proof for the cosine case appears as Lemma 12 in Sjabloon:Cite journal