Silikon-30
Silikon-30 (chemiese notasie: Sjabloon:Sub supSi) is 'n stabiele isotoop van silikon. Dit is 'n seldsame isotoop.
KMR
Sjabloon:Sub supSi het 'n kernspin I=0 en is daardeur in teenstelling met silikon-29 ongeskik vir kernmagnetiese resonansie.
Nukleosintese
Hierdie kern is wat sy nukleosintese betref nes silikon-29 'n sekondêre kern en nie 'n primêre kern soos silikon-28 nie. Dit verklaar waarom silikon-30 en -29 taamlik seldsaam is.[1]
Isotoopverhoudings
Klein wisselings in die verhouding van die isotope word in die geochemie uitgedruk in die grootheid δ30Si.
- ‰
Die monsters word gewoonlik gefluorineer met HF, Sjabloon:Chem of Sjabloon:Chem en die Sjabloon:Chem wat gevorm word, word aan masaspektrometrie onderwerp. Die metode is tydens die Apollo-maanlandings gebruik en daar is gevind dat die maangrond ryk is in silikon-30 en suurstof-18, omdat dit blootgestel is aan 'n bombardement van mikrometeoriete en kosmiese straling. Dit tref die ligter isotope meer as die swaarder kerne.
In meteoriete is gevind dat in chondrules en insluitings groot afwykings van δ30Si tot 20‰ kan optree. Later is in silikonkarbied Sjabloon:Chem wat in meteoriete gevind word selfs waardes van δ30Si ~ 110‰ en δ29Si tot 160‰ gemeet.[2]
Klein verskille kan ook gevind word in die silikaatskelette van diatome. As die alge groei neem hulle opgeloste silikon uit die water op en die ligter isotope word effens makliker opgeneem. Die silikon wat in die see agterbly word hierdeur effens verryk in silikon-30. Gedurende 'n ystydperk is hierdie proses minder effektief en dit veroorsaak 'n δ30-afname van ongeveer 0,5-0,7‰ tydens die laaste glasiale maksimum.[3]
Verwysings
- ↑ Handbook of Isotopes in the Cosmos: Hydrogen to Gallium Sjabloon:Outeur Cambridge University Press, 2007, ISBN 0-521-53083-0, ISBN 978-0-521-53083-5
- ↑ Geochemistry of Silicon Isotopes Sjabloon:Outeur Walter de Gruyter GmbH & Co KG, 2017, ISBN 3-11-040245-9, ISBN 978-3-11-040245-2
- ↑ CO2 in Seawater: Equilibrium, Kinetics, Isotopes Sjabloon:Outeur Elsevier, 2001 ISBN 0-08-052922-4, ISBN 978-0-08-052922-6