Koperjodied
Sjabloon:Chemiekas2 Koperjodied is 'n sout van koper en waterstofjodied met formule Sjabloon:Chem. Met jodium is die +1 oksidasietoestand van koper die enigste wat stabiel is. Koperjodied kom in die natuur as die mineraal marshiet voor.
Dit is 'n liggeel, deursigtige stof in enkelkristallyne vorm. Dit is 'n p-tipe halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 3,1 eV [1] Die brekingsindeks neem af van 2,7 by 400 nm tot onder 2,3 by 800 nm. Dit volg die Cauchy-vergelyking:
Strukture
Die stof ondergaan twee vast-vast fase-oorgange by verhtting. Die fase wat by kamertemperatuur stabiel is word gewoonlik γ-CuI genoem of soms CuI-III. γ-CuI het die kubiese sfaleriet-struktuur. (B3 in die strukturbericht-klassifikasie. Teen 369 C gaan dit oor in die β-CuI of CuI-II-fase met 'n heksagonale wurtziet-struktuur, (B4) Die entropieverandering ΔSjabloon:SubS= 1100 J/molK. [2]Teen 400 °C gaan dit die α-CuI of CuI-I-fase oor. Dit het 'n haliet-struktuur (B1). Die entropieverandering ΔSjabloon:SubS= 473 J/molK.[2] Koperjodied smelt teen 600°C[1]
Eienskappe
Elektries
α-CuI is 'n superioniese geleier. Dit is vergelykbaar met koper(I)bromied hoewel koperjodied die haliet-struktuur het en nie die α-AgSjabloon:SubS-struktuur nie. Die spesifieke geleibaarheid is σ= 0,01-0,03 S/cmSjabloon:Sup en die termiese aktiveringsenergie σT= ESjabloon:Sub= 0,17-0,26 eV. Die β-fase het 'n laer geleibaarheid maar die geleiding is ook termies geaktiveer en ionies.
Magneties
Die γ-fase is diamagneties en sy susseptibiliteit (χSjabloon:Sub= -61,4x10Sjabloon:Sup emu/mol of -7,7x10Sjabloon:Sup mSjabloon:Sup/mol in SI-eenhede) is onafhanklik van die temperatuur. Die superioniese α-fase s'n is egter afhanklik van die temperatuur. Dit word beskou as 'n effek van die paramagnetiese Van Vleck-bydrae tot die magnetiese susseptibiliteit.
Chemies
Koperjodied kan uit 'n koper(II)sulfaatoplossing met kaliumjodied neergeslaan word:
Dit is 'n redoksreaksie waarin koper se oksidasietoestand van +2 na +1 verander en 'n jodiedioon van -1 na neutrale jodium geoksideer word.
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 Sjabloon:Cite journal
- ↑ 2,0 2,1 Grundmann et al. sê kilojoules pleks van joules maar dit is dalk 'n vergissing