Arsien

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 17:48, 23 November 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Arsien is 'n verbinding van arseen in sy -3 oksidasietoestand en waterstof met die chemiese formule Sjabloon:Ch2.

Dit is 'n baie toksiese gas wat dodelik is wanneer dit ingeasem word.

Chemiese eienskappe

Arsien is brandbaar. Dit brand met 'n bleikgroen vlam wat min lig gee.[1]

4AsH3(g)+6O2(g)2As2O3(s)+6H2O(g)

Die verbinding ontbind teen hoër temperature:

2AsH3(g)hitte2As(s)+3H2(g)

Arsien kan verkry word deur arseenchloried (Sjabloon:Ch2) of arseenoksied (Sjabloon:Ch2) te reduseer met natriumboorhidried (Sjabloon:Ch2) of litiumaluminiumhidried (Sjabloon:Ch2). Dit word ook gevorm as arseniede aan suur blootgestel word. Uiters suiwer arsien word gebruik vir die proses van chemiese dampneerslag (CVD) waarmee dunne lae van arseniede vervaardig word.[2]

Arsien is 'n homoloog van fosfien (Sjabloon:Ch2) en ammoniak (Sjabloon:Ch2) en dit kan nes hierdie verbindings primêre, sekundêre en tersiêre arsiene vorm. Hulle word selde gebruik vanweë hulle toksiese eienskappe. Ammoniak is 'n sterk basis, fosfien is swakker en arsien is nouliks nog 'n basis. [3]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings


Sjabloon:Normdata