Molibdeen(VI)fluoried

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>InternetArchiveBot op 22:12, 14 Januarie 2025 (Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.9.5)
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Molibdeenheksafluoried of molibdeen(VI)fluoried is 'n verbinding van molibdeen in sy hoogste +6 oksidasietoestand en fluoor met die chemiese formule Sjabloon:Ch2.

Dit is 'n vlugtige voggevoelige vloeistof wat maklik hidroliseer. [1]

Kristalstruktuur

Onder 'n temperatuur van 263,5K kristalliseer die verbinding in 'n ortorombiese struktuur wat uit oktaëdriese Sjabloon:Ch2-molekules bestaan. Bo hierdie temperatuur word die struktuur liggaamsgesentreerd kubies en is daar wanorde in die oriëntasie van die molekules, alhoewel die fluooratome 'n voorkeur vir die rigting van die hoofasse het. [2] Dit is 'n plasties kristallyne fase, wat van die wolframstruktuur (A2 in die strukturbericht-klassifikasie) afgelei is.

Chemiese eienskappe

Dit kan op verskeie manière berei word:[3]

  1. Uit molibdeenpoeier in 'n platinumbuis waardeur droë by 60 °C fluoorgas gevoer word
  2. Uit molibdeenpoeier en Sjabloon:Ch2 teen 350 °C
  3. Uit Sjabloon:Ch2 en fluoorgas

Dit reageer nie met droë lug, chloor of swaeldioksied nie, maar dit hidroliseer met vogtige lug en stel waterstoffluoried vry. Behalwe goud en platinum korrodeer dit metale. Dit reageer met alkalimetaalfluoriede soos NaF en vorm oktafluoromolibdate soos Sjabloon:Ch2 [3]

Molibdeenheksafluoried kom as onsuiwerheid by die bereiding van ultrasuiwere wolfram uit gasvormige wolframheksafluoried voor. As die onsuiwere gas tussen temperature van 100 °C - 500 °C met metale soos Mo, Cu, Ni, Fe in kontak gebring word, reduseer dit die molibdeenheksafluoried tot molibdeentrifluoried wat nie vlugtig is nie en so verwyder kan word. Wolframheksafluoried bly onveranderd. [4]

MoF6(gas)+Mo(s)2MoF3(s)

Gebruike

Dit word veral gebruik vir die skeiding van molibdeen se isotope, maar ook in die mikro-elektroniese industrie vir chemiese dampneerslag van molibdeen of molibdeensilisied om verbindings te produseer met lae weerstand en hoë smeltpunt. 'n Ander gebruik is as 'n sterk fluoreringsmiddel en filmvormende materiaal vir ioondotering. [3]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Fluoriede

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named FS
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Sanger
  3. 3,0 3,1 3,2 Sjabloon:Cite web
  4. Sjabloon:Cite web