Karbonielselenied

Vanaf testwiki
Weergawe deur imported>Jcwf op 02:25, 2 Junie 2024 (Kategorie:Reagense bygevoeg (HotCat.js))
(verskil) ← Ouer weergawe | Huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Karbonielselenied is 'n verbinding van koolstof, suurstof en seleen met die formule COSe. Dit is die seleenanaloog van karbonielsulfied.

Chemiese eienskappe

By kamertemperatuur is dit nie stabiel nie en stel stadig weer seleen vry.[1]

Amper suiwer COSe kan verkry word uit diëtielamien, seleen en koolstofmonoksied:

2Et2NH+CO+Se[Et2NH2]+[Et2NCOSe]

Uit hierdie karbamoselenoaat[1] kan COSe vrygestel word deur by -78 °C die produk aan 'n THF oplossing van 'n sterk suur soos swaelsuur bloot te stel:[2]

[Et2NCOSe]+2H+Et2NH2++COSe

Gebruike

Dit word in die organiese chemie soms as reagens gebruik. [1] Dit reageer met fosfienes tot fosfienseleniede

R3P+COSeR3PSe+CO

En met isosianiede word isoselenosianate gevorm:

COSe+RNCRNCSe+CO

Verwysings

Sjabloon:Verwysings