Karbonielsulfied
Sjabloon:Chemiekas2 Karbonielsulfied is 'n verbinding van koolstof met swael en suurstof met die chemiese formule COS.
Dit is 'n gas wat giftig en in lae konsentrasies narkoties is. Dit hou 'n matige brandgevaar in.[1]
Kristalstruktuur
Onder die smeltpunt kristalliseer die verbinding in 'n nie-sentrosimmetriese romboëdriese struktuur wat lineêre O=C=S molekules bevat wat in die rigting van die drietallige cSjabloon:Sub-as lê. Hierdie struktuur is die argetipe van die F0Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.
Chemiese eienskappe
Dit val in die teenwoordigheid van vog metale aan.[1]
Dit word deur hidrolise uit waterstoftiosianaat in verdunde swaelsuur gevorm:[2]
Dit kan ook gevorm word uit esters van isosiaansuur en waterstofsulfied:[2]
Verhitting van koolstofmonoksied met swaeldamp kan dit ook produseer:[2]
Gebruike
Karbonielsulfied word as 'n tussenproduk in die sintese van organiese verbindings gebruik.[1]
In die natuur
Karbonielsulfied is in die atmosfeer die belangrikste gas wat swael bevat. Dit is teen 500 pptv in die troposfeer teenwoordig en het 'n lang atmosferiese leeftyd (~4 jaar). Dit diffundeer na die stratosfeer waar dit oksideer tot sulfaatdeeltjies. Die groot bron vir COS is die aarde se plantegroei en grond. COS word deur plante deur die huidmondjies opgeneem en daarna hidroliseer dit na Sjabloon:Ch2 en Sjabloon:Ch2 deur die werking van koolstofanhidrase binne plantselle. Daar is geen oënskynlike fisiologiese betekenis vir die proses nie; dit blyk net per ongeluk te gebeur met die plante se normale fisiologie. COS word in seewater deur fotochemiese oksidasie van organiese swaelverbindings geproduseer. Opgeloste organiese materiaal tree as 'n fotosensibiliseerder op. Sy konsentrasie wissel sterk, met die hoogste konsentrasies gedurende die dag (konsentrasies in die orde van 0,03-0,1 [nmol/L]). COS hidroliseer in water afhanklik van watertemperatuur en pH na Sjabloon:Ch2. [3]
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Sulfiede
- ↑ 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC - ↑ 2,0 2,1 2,2 Sjabloon:Cite book
- ↑ Sjabloon:Cite book