Ammoniumpersulfaat

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Ammoniumpersulfaat of ammoniumperoksidisulfaat is 'n sout van die basis ammoniak en perswaelsuur. Dit het die chemiese formule Sjabloon:Ch2.

Kristalstruktuur

Ammoniumpersulfaat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat die argetipe van die K4Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[1]

Die struktuur bestaan uit tetraëdriese ammoniumione en persulfaatione (Sjabloon:Ch2) wat bestaan uit twee Sjabloon:Ch2-tetraëders wat deur 'n peroksiedbinding -O-O- met mekaar verbind is.

Chemiese eienskappe

Ammoniumpersulfaat is 'n oplosbare sterke oksideermiddel. Die standaardreduksiepotensiaal vir die reaksie:

S2O82−(aq)+2H++2e−→2HSO4−

is +2,1 V. Dit is effens minder as osoon s'n (+2,2 V), maar meer as waterstofperoksied s'n (+1,7 V) of permanganaat s'n (1,7 V).[2]

By verhitting ontbind dit in swael- en stikstofoksiede.[3] Dit is 'n outoredoksreaksie waarin die stikstofatoom van die ammoniumioon deur die persulfaatioon geoksideer word.

Die verbinding word deur elektrolise van oplossings van ammoniumsulfaat[4] of ammoniumwaterstofsulfaat verkry.

Gebruike

Dit word as reukverwyderende skoonmaak- en bleikmiddel gebruik. Ander gebruike is in voedselpresevering, elektroplatering en die skoonmaak van gedrukte stroombaanborde.[3]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings

  1. ↑ Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named "Aflow".
  2. ↑ Sjabloon:Cite web
  3. ↑ 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named "PC".
  4. ↑ Sjabloon:Cite web