Broompentafluoried

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Broompentafluoried is 'n chemiese verbinding met formule Sjabloon:Chem van broom in sy oksidasietoestand +5 met fluoor.

Die stof is 'n baie sterk oksidator en word as fluorineringsagens gebruik, byvoorbeeld om suurstof uit silikate vry te stel in die suurstofisotoopanalise. Dit word ook aangewend in die aandrywing van vuurpyle.[1]

Vorming

Broompentafluoried kan uit broomtrifluoried en fluoor verkry word bokant 200 oC.:

BrF3+F2BrF5

Sintese uit die elemente is onder hierdie omstandighede ook moontlik:

Br2+5F22BrF5

Reaksies

Die stof is uiters reaktief en reageer met glas, klei ensomeer. Die reaksie met droë glas is stadig. Kwartsglas word nouliks aangetas. Die verbinding self is tot 460 °C termies stabiel[2] Dit ontplof wanneer dit met water in aanraking kom en vorm suurstof en waterstoffluoried. Dit reageer heftig met asynsuur, ammoniak, benseen, etanol, waterstof, waterstofsulfied, metaan, kurk, was ensomeer.[3]

In die vloeistof bestaan waarskynlik die ewewig:[4]

3BrF5BF4++BrF6

Die vloeistof besit hierdeur elektriese geleidingsvermoë.

In reaksies met fluoriede soos CsF kan dit die heksafluorobromaat-anioon Sjabloon:Chem vorm.

Met Lewis-sure soos Sjabloon:Chem kan die Sjabloon:Chem-katioon gevorm word soos in die adduk Sjabloon:Chem.

Eienskappe

Die Sjabloon:Chem-molekuul het die vorm van 'n vierkantige piramide en besit die puntgroepsimmetrie C4v. Dit blyk uit die infrarooispektroskopie. Sy spektrum het A1-absorpsies naby 684, 584 en 370 cm-1 en E-absorpsies naby 644, 415 en 245 cm-1 [5]

Veiligheid

Hierdie stof is uiters gevaarlik en dit moet met heelparty voorsorgmaatreëls behandel word. Reaksies met broompentafluoried kan ontploffings veroorsaak. Blootstelling aan 5-10 ppm in die lug kan reeds na 'n kort tyd irritasie van die oë en die slymvlies van die neus en mond veroorsaak. Blootstelling aan hoër konsentrasies kan dodelik wees. Die stof is baie korrosief, maar dit kan in nikkel- of monel-vate bewaar word omdat nikkel met 'n beskermende dunne lagie fluoried bedek word wat verdere korrosie verhoed.[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Fluoriede

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named deG
  2. Handbuch der Präperativen anorganischen Chemie Sjabloon:Outeur 1960 Sjabloon:De
  3. cameochemicals
  4. The Chemistry of Chlorine, Bromine, Iodine and Astatine: Pergamon Texts in Inorganic Chemistry, Deel 7, Sjabloon:Outeur Elsevier, 2017, ISBN 1483158322, ISBN 9781483158327
  5. Infrared spectrum of bromine pentafluoride Sjabloon:Outeur The Journal of Chemical Physics 37, 165 (1962)