Chroom(VI)oksied
Chroom(VI)oksied oftewel chroomsuuranhidried of chroomtrioksied is 'n verbinding van chroom in sy hoogste 6+ oksidasietoestand met suurstof. Die chemiese formule is Sjabloon:Chem. Dit is een van verskeie oksiede van hierdie metaal. Die stof is 'n sterk oksideermiddel en in teenstelling tot chroom(III)oksied baie toksies en kanakerverwekkend. Dit is 'n klas I karsinogeen volgens die International Agency for Research on Cancer (IARC)[1]
Dit is oplosbaar in water, etanol, diëtieleter, swawelsuur en salpetersuur. Dit is higroskopies en blootgestel aan vogtige lug vervloei dit.
Die oksied is teen hoër temperature effens vlugtig. Sy dampdruk is p~14,17 10Sjabloon:Sup Torr @ 468K en kan 448<T<468 K beskryf word as:[2]
Kristalstruktuur
Chroomtrioksied kristallisser in 'n ortorombiese struktuur wat oneindige polimere kettings van [[[:Sjabloon:Chem]]]-tetraëders bevat wat hoeke deel. Die Cr-O-afstand van die brugsuurstof atome is 174,8 pm en die eindstandige suurstofatome s'n is 159,9 pm. Die Cr-O-Cr-hoeke is 143°
Chemiese eienskappe
Chroom(VI)oksied is 'n suur oksied dat bv. reageer met kaliumkarbonaat onder vorming van kaliumchromaat:
Onder verhitting ontleed chroom(VI)oksied na chroom(III)oksied en stel suurstof vry:[3]
Omdat dit effens vlugtig is dan dit by reaksies van Sjabloon:Chem met ander oksiede tot chemiese damptransport aanleiding gee.
Gebruike
Dit word as katalisator gebruik vir die kopolimerisasie van 1-hekseen met eteen om (LLDPE)poliëteen te vorm.
'n Ander, elektrochemiese aanwending is in chroomplatering, koperstroop, en aluminiumanodisering.[1]
Verwysings
Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Normdata Sjabloon:Oksiede
- ↑ 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC - ↑ Sjabloon:Cite journal
- ↑ Sjabloon:Cite book