Chroom(III)oksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Chroom(III)oksied is 'n verbinding van chroom in sy +3 oksidasietoestand met suurstof met chemiese formule Sjabloon:Chem. Dit is een van verskeie oksiede van chroom: Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem, Sjabloon:Chem en Sjabloon:Chem is ook bekend.[1]

Die verbinding het 'n groen kleur en is 'n p-tipe halfgeleier met 'n taamlik groot bandgaping (E~3eV) [1] Dit kom in die natuur as die mineraal ekolaïet voor.[2]

Kristalstruktuur

Chroom(III)oksied kristalliseer in die trigonale korund-struktuur (D5Sjabloon:Sub in die strukturbericht-klassifikasie).

Magnetiese eienskappe

Die chroomatoom het 'n [Ar]3dSjabloon:Sup-konfigurasie in 'n hoëspintoestand met 'n magnetiese moment μSjabloon:Sub=2,48 Bohr-magneton. Die stof is 'n antiferromagneet met 'n Néeltemperatuur van 309K.[3]

Chemiese eienskappe

Chroom(III)oksied van met aluminiumpoeier gereduseer word om die metaal vry te stel in 'n termietreaksie analoog aan yster:

Cr2O3(s)+2Al(s)hitte2Cr+Al2O3

Die oksied is basies maar kan ook amfoteries optree.

Groen Sjabloon:Chem word gevorm as rooi chroom(VI)oksied, wat 'n kragtige oksideermiddel is, in kontak kom met organiese stowwe soos alkohol kom.[4]

Die verbinding vorm 'n volledige reeks mengkristalle met aluminiumoksied (korund) Sjabloon:Chem. Die mengskristalle se kleur is rooi vir x<0,08 en word groen vir x>0,20. Die eenheidsel se volume volg Vegard se wet en neem lineêr toe van 0,257 tot 0,290 nmSjabloon:Sup. Korundkristalle wat met chroom gedoteer is Sjabloon:Chem:Cr word robyne genoem.[5]

Chroom(III)oksied kan gebruik word om chroomboried te vorm:[5]

2Cr2O3+10Bvakuum;1500C4CrB+3B2O3

Die verbinding kan met ander metaaloksiede chromiete vorm soos nikkelchromiet. Suurstof kan chemiese damptransport bevorder deurdat teen hoër temperature chroom(VI)oksied in ewewig gevorm word wat effens vlugtig is:[5]

2Cr2O3(s)+3O2(g)4CrO3(g)
2NiO+4CrO3(g)1100C2NiCr2O4+3O2(g)

Gebruike

Dit het 'n wye verskeidenheid toepassings soos: katalisators, waterstofberging, slytvastheidsmateriale, kleurstowwe en pigmente, gevorderde kleurmiddels, digitale opnamestelsel, swart matriksfilms, sonkragaanwendings, bedekkingsmateriaal vir termiese beskerming, en elektrochrome materiale.[1]

Dit besit 'n hoë elektriese geleidingsvermoë en word as 'n belangrike vuurvaste materiaal gebruik vanweë sy hoë smelttemperatuur (≈2300 °C) en hoë-temperatuur oksidasieweerstand, hoewel dit swak sintervermoë toon. wat moontlik 'n gevolg van sy lae digtheid is.[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Oksiede Sjabloon:Normdata

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Abd
  2. Sjabloon:Cite web
  3. Sjabloon:Cite journal
  4. Sjabloon:Cite book
  5. 5,0 5,1 5,2 Sjabloon:Cite book