Distikstofpentoksied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Distikstofpentoksied is 'n stikstofoksied met formule Sjabloon:Chem. In hierdie verbinding met suurstof het stikstof die hoogste oksidasietoestand N(V). Dit is die anhidraat van salpetersuur. Dit is 'n vastestof met 'n lae smeltpunt, wat daarna ontbind, soms met 'n ontploffing.

Reaktiwiteit

Sjabloon:Chem kan gevorm word deur salpetersuur op fosforoksied te drup:

4HNO3(l)+P4O102N2O5(s)+4HPO3(l)

Sjabloon:Chem is 'n sterk oksideermiddel en word gebruik om watervrye nitrate te vervaardig, bv: [1]

N2O5(s)+Na(s)NaNO3(s)+NO2(g)

Sjabloon:Chem reageer vryelik met water, byvoorbeeld vog in die lug, om salpetersuur te vorm:

N2O5+H2O2HNO3

Sjabloon:Chem word soms opgelos in suiwer salpetersuur. Hierdie oplossing verhoed die ontstaan van water, omdat dit onmiddellik deur die pentoksied in salpetersuur omgesit sal word. Sjabloon:Chem ondergaan 'n dissosiasie-ewewig in hierdie oplossing en vorm ione:

N2O5NO2++NO3

Dit kom ooreen met die heksagonale kristalstruktuur wat uit plat driehoekige nitraat-ione en lineêre nitroniumione bestaan.[2] Dit is in der waarheid 'n sout: nitroniumnitraat. Die damp bestaan nogtans uit Sjabloon:Chem-O-Sjabloon:Chem-molekule. [3]

Sjabloon:Chem-oplossings in salpetersuur kan gebruik word om watervrye metaalnitrate te vervaardig. 'n Toriumnitraathidraat gee aanvanklik 'n adduk:

Th(NO3)44H2O+5N2O5Th(NO3)42N2O5+8HNO3(l)

Die adduk kan in vakuum verhit word tot 150-160 °C om die watervrye Sjabloon:Chem vry te stel.[4]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Chemiesaadjie Sjabloon:Navigasie NxOy

  1. Sjabloon:Ref:Weller
  2. Structure and Chemistry of Crystalline Solids Sjabloon:Outeur Springer Science & Business Media, 2007, ISBN 0-387-36687-3, 9780387366876
  3. Molecular structure of dinitrogen pentoxide in the gas phase. Large amplitude motion in a system of coupled rotors, Sjabloon:Outeur, J. Am. Chem. Soc., 1983, 105(12), bls 3789–3793
  4. Advances in Inorganic Chemistry and Radiochemistry, Deel 6 Sjabloon:Outeur Academic Press, 1964, ISBN 0-08-057855-1, ISBN 978-0-08-057855-2