Kaliumdichromaat

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Kaliumchromaat is 'n sout van kalium en dichroomsuur met formule Sjabloon:Chem. Chroom is hier in sy hoogste oksidasietoestand Cr(VI). Die stof is 'n sterk oksideermiddel en dit is baie korrosief, toksies en kankerverwekkend.[1]

Kristalstruktuur

Teen kamertemperatuur het die sout 'n trikliniese struktuur met kaliumione omring deur 8-9 suurstofatome wat behoort aan haltervormige dichromaatione Sjabloon:Chem wat bestaan uit twee Sjabloon:Chem-tetraëders wat een suurstof atoom deel. Die twee tetraëders is amper in 'n eklipskonformasie. Haltervormige Sjabloon:Chem-eenhede is ook bekend van sorosilikate en pirofosfate soos β-Sjabloon:Chem en Sjabloon:Chem.10Sjabloon:Chem.[2]

Chemiese eienskappe

Kaliumdichromaat is 'n sterk oksiedasiemiddel. Met 'n reduktor soos swael gee dit chroom(III)oksied:[3]

K2Cr2O7(s)+S(s)K2SO4+Cr2O3(s)

Reduksie met Sjabloon:Chem van 'n oplossing van kaliumdichromaat en swawelsuur gee chroomaluin:

K2Cr2O7(aq)+H2SO4(aq)+SO2(g,aq)2KCr(SO4)2+H2O

Kaliumdichromaat kan verkry word deur swawelsuur by 'n oplossing van kaliumchromaat te voeg:

2K2CrO4+H2SO4K2SO4+K2Cr2O7

Die reaksie kan opgekeer word deur loog by te voeg:

K2Cr2O7+2KOH2K2CrO4+H2O

Aanwendings

Kaliumdichromaat word saam met wolfram en yster in vuurwerk gebruik. Dit word as preserveermiddel vir hout aangewend en vir die sintese van kleurstowwe gebruik.[1]

Verwysings

Sjabloon:Verwysing

  1. 1,0 1,1 Sjabloon:Cite web
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named BB
  3. Sjabloon:Cite book