Kaliumtiosianaat
Sjabloon:Chemiekas2 Kaliumtiosianaat of soms kaliumrodanaat is 'n sout van kalium en tiosiaansuur (Sjabloon:Ch2).
Die stof is higroskopies en vervloei maklik in vogtige lug.[1]
Kristalstruktuur
Kaliumtiosianaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die F5Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die struktuur bevat lineêre tiosianaatione (Sjabloon:Ch2).
Chemiese eienskappe
Kaliumtiosianaat word gevorm as swael in gesmelte kaliumsianied opgelos word.[2]
Gebruike
Dit word as reagens in die analitiese chemie, as korrosie-inhibeerder in die waterbehandelingsindustrie, as 'n intermediêre in die vervaardiging van plaagdoders in die landbou, as sensibiliseerder en stabiliseerder in die fotografiese industrie, en vir die ontginning van hafnium, sirkonium, torium en seldsame aardes in die metallurgie gebruik.[3]
Oplossings van kaliumtiosianaat word gebruik in die titrasie volgens Volhard wat gebruik word om die konsentrasie van chloriedione met silwer te bepaal. Silwerisosianaat gee 'n kleurlose neerslag, byvoeging van 'n klein hoeveelheid yster as 'n aanduider gee 'n dieprooi kleur.[4]
Verwysings
- ↑ Verwysingfout: Invalid
<ref>tag; no text was provided for refs namedPC - ↑ Sjabloon:Cite book
- ↑ Sjabloon:Cite web
- ↑ Sjabloon:Cite book