Kalsiumnitraat

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kalsiumnitraat is 'n sout van kalsium en salpetersuur. Die formule is Sjabloon:Ch2. Die stof is higroskopies en aan die lug blootgestel vervloei dit.[1] Dit vorm 'n tetrahidraat Sjabloon:Ch2 wat in die natuur as die mineraal nitrokalsiet aangetref word.[2]

Kristalstruktuur

Watervrye kalsiumnitraat kristalliseer in die kubiese struktuur van lood(II)nitraat,[3] G2Sjabloon:Sub in die strukturbericht-klassifikasie.

Eienskappe

Oplosbaarheid in water teen die temperatuur

Die stof vorm 'n tetrahidraat, wat teen 45 °C smelt. By verhitting vorm dit kalsiumoksied:[1]

2Ca(NO3)2hitte2CaO+4NO2+O2

Gebruike

Kalsiumnitraat word hoofsaaklik as stikstofkunsmis in die landbou gebruik. Dit word ook gebruik vir die voorkondisionering van afvalwater en die voorkoming van reukvrystelling. Dit versnel die set van betonmengsels. Die oplos van watervrye kalsiumnitraat is hoogs endotermies. Om hierdie rede word kalsiumnitraat soms vir regenereerbare koue pakke gebruik. Kalsiumnitraat word saam met kalium- en natriumnitraat gebruik in gekonsentreerde sonkragaanlegte om hitte te absorbeer en te berg. Dit kan as oordragvloeistof gebruik word in plaas van termiese olie.[4]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Nitrate Sjabloon:Normdata

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PC
  2. Sjabloon:Cite web
  3. Sjabloon:Cite journal
  4. Sjabloon:Cite web