Kalsiumsianamied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2 Kalsiumsianamied is 'n sout van kalsium en die organiese suur sianamied. Dit het die chemiese formule Sjabloon:Ch2.

Kristalstruktuur

Kalsiumsianamied kristalliseer in 'n romboëdriese (trigonale) struktuur wat bestaan uit kalsiumione wat oktaëdries deur ses stikstofatome gekoördineer word wat tot ses verskillende sianamiedione (Sjabloon:Ch2) behoort. Hierdie ione is lineêr en word oktaëdries deur ses kalsiumione omring. Die C-N-bindings is dubbelbindings en het 'n lengte van 122,4 pm.[1]

Chemiese eienskappe

Kalsiumsianamied kan verkry word uit kalsiumkarbonaat en blousuur:[2]

CaCO3(s)+2HCN(g)700850 oCCaCN2(s)+CO(g)+H2(g)+CO2(g)

'n Ander metode is die reaksie van kalsiumkarbied (uit kalsiumoksied en kool) met suiwere stikstof. Hierdie techniese produk bevat koolstof en het 'n swart kleur.[3]

CaC2(s)+N2(g)1000 oCCaNCN(s)+C(s)

Met sure vorm dit vrye sianamied:[4]

CaCN2+2H+Ca2++H2CN2

Dit word dikwels in teenwoordigheid van grafiet met koolstofdioksied uitgevoer:

CaNCN+CO2+H2OH2NCN+CaCO3

Gebruike

Kalsiumsianamied het in 1895 ontstaan ​​toe Adolph Frank en Nikodem Caro ontdek het dat gasvormige stikstof deur kalsiumkarbied opgeneem word.[3]

Kalsiumsianamied was die eerste minerale kunsmis wat dit moontlik gemaak het om atmosferiese stikstof vir plantvoeding te gebruik. Dit is eers as stikstof- en kalkkunsmis gebruik, maar daar is gou ontdek dat dit 'n positiewe sekondêre uitwerking op die gesondheid van grond en plante het. Dit is omdat dit oor 'n langer tydperk in die grond omskakel, dus word sy stikstof tot 'n groot mate beskerm teen nitraatloging en ook teen vrystelling as stikstofoksied, veral voordelig uit die oogpunt van omgewingsbeskerming.[3]

Dit word ook as onkruiddoder en ontblaarmissel vir katoen gebruik.[4]

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Chemiesaadjie

  1. Sjabloon:Cite journal
  2. Sjabloon:Cite book
  3. 3,0 3,1 3,2 Sjabloon:Cite web
  4. 4,0 4,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named carbon