Kalsiumkarbied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Kalsiumkarbied is 'n verbinding van kalsium en koolstof met die chemiese formule Sjabloon:Chem

Kristalstukture

Kalsiumkarbied se stabiele struktuur onder kameromstandighede is tetragonaal. Dit is die argetipe van die C11Sjabloon:Sub-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Die koolstofatome vorm Sjabloon:Chem-pare en die kalsiumione word deur vier pare omring wat loodreg op die Ca-C-rigting staan en twee wat in die Ca-C-rigting lê.[1]

Daar is ook 'n metastabiele monokliniese fase en 'n laetemperatuurfase wat die monokliniese Sjabloon:Chem-struktuur het (CSjabloon:Sub).

Chemiese eienskappe

Kalsiumkarbied kan uit kalsiumoksied en koolstof verkry deur dit sterk te verhit:

CaO+3C1759CCaC2+CO

Die temperatuur van 1759 °C is 'n eutektikum. Suiwer CaO se smeltteperatuur is hoër: 2572 °C. Hierdie reaksie is 'n ewewig en afvoer van die gevormde koolstofmonoksied is essensieel om meer karbied te verkry.

Karbiedskiet

Die produk is nogtans nie suiwer nie omdat newereaksies plaasvind. Suiwer karbied kan verkry word deur kalsiumsianamied te verhit:

2CaCN21130CCaC2+Ca(g)+N2(g)

Die suiwer produk is wit.

Kalsiumkarbied reageer met water of met soutsuur en vorm daarby etyn (asetileen).

CaC2(s)+2HClCaCl2+C2H2

Die gevormde etyngas kan ontplof wanneer dit meng met die suurstof in die lug. In Nederland en Vlaandere is dit die basis van 'n ouejaarsaktiwiteit wat bekend is as carbidschieten ('karbiedskiet'). 'n Monster karbid word in 'n afsluitbare metale kan of melkblik gedoen, water bygevoeg en die kan afgesluit. Na 'n paar minute word dit afgevuur.

Galery

Verwysings

Sjabloon:Verwysings