Koolstofdisulfied

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Chemiekas2

Koolstofdisulfied is 'n chemiese verbinding met die formule Sjabloon:Chem. Dit is 'n vlugtige en giftige vloeistof wat baie brandbaar is.

Vervaardiging

Koolstofdisulfied word in die nywerheid op groot skaal vervaardig. Ongeveer 235 000 ton is in 1991 wêreldwyd geproduseer. Dit kan uit die elemente vervaardig word volgens die reaksie:

C+2SCS2

Swaweldamp word -onder uitsluiting van lug of vog- deur 'n bed van kool gelei by 800-1000 °C en die gasvormige reaksieproduk word afgevoer. Dit bevat koolstofdioksied, waterstofsulfied, swaweldamp en karbonielsulfied, wat geskei moet word. 'n Ander metode om dit te vervaardig is uit metaan:[1]

CH4+4SCS2+2H2S

Die produk koolstofdisulfied word dikwels onder water gestoor om sy ontbrandingsgevaar te verminder.

Gebruik

Koolstofdisulfied is 'n goeie nie-polêre oplosmiddel. Dit los selfs swawel op. Die stof is reaktief en 55-65% van die produk word gebruik vir die vervaardiging van rayon en sellofaan. Koolstofdisulfied word grootskaals as oplosmiddel van sellulose vir die vervaardiging van kunssy gebruik. Ongelukkig kan die stof se giftigheid tot groot gesondheidsprobleme onder die werkers lei indien dit nie verhoed word dat hulle daaraan blootgestel word nie. [2]

Ione soos Sjabloon:Chem of Sjabloon:Chem en amiene kan lei tot nukleofiele aanval of die koolstofatoom en die vorming van tiokarbonate, xantate en ditiokarbamate. Dit word ook gebruik om koolstoftetrachloried te vervaardig volgens die reaksie: [1]

CS2+3Cl2CCl4+S2Cl2

Demonstrasie

Lêer:Barking Dog Reaction.webm 'n Chemiese demonstrasie is die sogenoemde "blaffende hond". Dit is 'n reaksie tussen koolstofdisulfieddamp met distikstofoksied

8N2O+4CS2S8+8N2+4CO2

Verwysings

Sjabloon:Verwysings Sjabloon:Sulfiede

  1. 1,0 1,1 Methane and its DerivativesSjabloon:Aut CRC Press, 1996, ISBN 0-8247-9754-X, ISBN 978-0-8247-9754-6
  2. Fake Silk: The Lethal History of Viscose Rayon, Sjabloon:Outeur, Yale University Press, 2016, ISBN 0300224885, ISBN 9780300224887