Lorentzkrag
Gaan na navigasie
Gaan na soektog

Elektromagnetiese kragte het twee afsonderlike komponente – een wat voortspruit uit elektrostatiese krag, ook bekend as Coulomb se wet, en die ander as gevolg van magnetiese krag. Hierdie twee kragte kan gekombineer word om die Lorentzkrag te vorm.
Elektrostatiese krag
Die formule vir elektrostatiese krag is:[1]
waarin
- Fe die krag is wat die ladings op mekaar uitoefen, in SI uitgedruk in N (newton) of Sjabloon:Nowrap,
- q die ladings voorstel, in SI-eehede uitgedruk in C (coulomb) of As (ampere·sekonde),
- E die elektriese veldsterkte is, in SI-eenhede uitgedruk in V/m (volts per meter).
Magnetiese krag
Die formule vir magnetiese krag is:[2]
waarin
- FM die krag is wat die ladings op mekaar uitoefen, in SI uitgedruk in N (newton) of Sjabloon:Nowrap,
- q die elektriese lading van die deeltjie is, in SI-eehede uitgedruk in C (coulomb) of as (ampere-sekonde),
- v die snelheid van die deeltjie is, in SI uitgedruk in meter per sekonde,
- B die magnetiese sterkte is, in SI uitgedruk in T (tesla).
Lorentzkrag
In fisika (veral in elektromagnetisme) is die Lorentzkrag 'n kombinasie van elektriese en magnetiese krag op 'n puntlading as gevolg van elektromagnetiese velde. 'n Deeltjie van lading q wat met snelheid v beweeg in die teenwoordigheid van 'n elektriese veld E en 'n magnetiese veld B ervaar 'n krag[3]
waarin
- FL die Lorentzkrag is, in SI uitgedruk in N (newton) of Sjabloon:Nowrap.