Magsverheffing

Vanaf testwiki
Gaan na navigasie Gaan na soektog

Sjabloon:Geen bronnelys Magsverheffing is 'n wiskundige bewerking, waarby 'n getal (die faktor of die grondtal van die magsverheffing) herhaaldelik met homself vermenigvuldig word. Die grondtal x verhef tot die mag n word genoteer as xn wat beteken:

xn=xxxn faktore

Mens sê: x tot die mag n, of ook kortweg x tot die n-de.

So is 2 tot die mag 3, of 2 tot die derde: 2³ = 2×2×2 = 8, waar 2 die grondtal en 3 die eksponent van die mag 2³ is. Moenie die mag met die eksponent met mekaar verwar nie.

Voorbeelde:

  • 53=555=125
  • x2=xx
  • 1x=1 vir enige getal x

Definisie

Die nde mag van die grondtal x, genoteerd as xn, is gedefinieer as die produk van n faktore x (met ander woorde: x*x*...; n keer).

Die gebruiklike notasie is om die eksponent n, wat die aantal faktore aangee, hoër te skryf (boskrif).

Deur die uitbreiding van die definisie met:

xn=1xn

kan negatiewe eksponente aangedui word.

'n Verdere uitbreiding is:

xmn=(xn)m,

waarmee gebroke eksponente voorgestel word.

Meer algemeen gedefinieer deur gebruik te maak van 'n logaritme en eksponensiële funksie:

ax=exp(xlog(a))

Omgekeerde bewerkinge

Omdat magsverheffing nie kommutatief is nie,

𝟐𝟑=𝟖 terwyl 𝟑𝟐=𝟗,

is twee omkeer bewerkings nodig: worteltrek en logaritme

𝟖𝟑=𝟐 en 𝟐log𝟖=𝟑 t.o.v. 𝟗𝟐=𝟑 en 𝟑log𝟗=𝟐.

Mag hou verband met het begrip graad by polinome en vergelykings. 'n Tweedegraadse vergelyking is 'n vergelyking waarin die hoogste mag 2 is.

Berekeninge met magte

Die onderstaande reëls kan gebruik word tydens berekeninge met magte:

  • xa.xb=xa+b
  • xaxb=xab
  • (xa)b=xab
  • (xy)a=xaya
  • x1n=xn
  • 1(x/y)a=(xy)a=(yx)a

Enkele spesiale gevalle word hieronder genoem:

Vir a≠ 0 is:

  • a0=1
  • a1=1a

Vir a>0 is:

  • 0a=0

Afgeleides

Stel die a-de mag van x op as funksie van x, dus vir sekere eksponent a:

f(x)=xa

dan word die afgeleide gegee deur:

f(x)=axa1

Stel die mag op as funksie van die eksponent, dus vir sekere grondtal a:

g(x)=ax

dan word die afgeleide gegee deur:

g(x)=axln(a)

Sien ook

Sjabloon:Wikt

Sjabloon:Normdata